Luzaan Hatting….

Dis die meisie by my  werk. Haar verloofde het homself geskiet Donderdag en sy het op sy lyk afgekom na werk. Ek voel verskriklik. Asb julle bid vir haar, kan julle julself indink waar deur sy gaan. Hoe kom mens oor so iets? Ander se boeke is duister. Ek voel natuurlik sleg oor die postings oor haar en omdat ek dit wat sy gedoen het nie net geignoreer het nie. Maar ja, dis die lewe..spyt kom altyd te laat. Lewe is so kort en mens leef baie keer met kwade gevoelens, maak mekaar baie keer seer, so onnodig.

ASB BID VIR HAAR.

7 Kommentaar Mei 31, 2008

Tart…of tert…

Sy probeer haar bes, tart my uit, maar ek hou my “pose”, vriendelik soos ‘n kat wat room gekry het. Hoekom is mense so wreed, so genadeloos, daarop uit om die lewe vir ander onaangenaam te maak. Ek maak ook mense se gevoelens seer soms, maar voel soos ‘n wurm na die tyd en probeer altyd opmaak daarvoor. Ek is altyd die eerste een om onverskoning te vra. Dis mos nie lekker om in vyandskap te lewe nie, ek haat onmin. Dit krap my heeltemal om!!! Dis vir my iets verskriklik as ek weet iemand is kwaad vir my of hou nie van my nie. Ek was nie altyd so nie…. As tiener was ek ‘n rebel, het ‘n veer gevoel vir wat mense van my dink, wel, in my vroee twintigs ook, dis maar vandat ek getroud is en kinders het dat dit verander het. Maar ek was nooit genadeloos wreed en daarop uit om iemand se lewe onaangenaam te maak nie, ek het net nie omgegee wat mense van my dink nie. Hoekom is sekere mense sag en ander hard? Is dit maar elkeen se keuse oor hoe om seer te hanteer, sommiges bou ‘n muur, onderdruk alle emosies, is emosioneel afgestomp, glad nie in voeling met hul eie of ander se emosies nie, ander weer, bly sag, kry maar elke keer seer, huil, skree, en probeer maar daarmee deal.

Hoe hanteer JY seer? Verstaan my vraag…nie wat dink jy is die beste manier om seer te hanteer nie, brutale eerlikheid…hoe hanteer jy seer?

 

 

9 Kommentaar Mei 20, 2008

Ek voel vandag soos ‘n klein dogtertjie…

Ek voel vandag soos ‘n klein dogtertjie … oor ‘n insident by die werk. Is nie lus om die hele storie te vertel, die girl is  blond,fyn, klein en popmooi – en om alles te kroon het sy hierdie dogtertjie-stemmetjie. Ek is 2 keer haar grote, 5jr ouer, het deesdae rooi hare…lol, en het ‘n volwasse effens hees stem. Ek dra nie maskers nie ….of dalk doen ek…punt is, ek maak nie ‘n moordkuil van my hart nie, ek is reguit, as iets my pla, praat ek daaroor. as iemand my te na kom, staan ek op vir myself – (en ek is nogal goed daarmee, moes al baie battles fight in my lewe), so ja, ek kom vir sekere mense voor as ‘n selfversekerde bitch wat haarself kan handhaaf en die punch kan vat. Sy weer, is ‘n agteraf bitch en voor almal is sy die onskuldige soet dogtertjie wat hulle beskerming nodig het. En natuurlik wek sy beskermingsdrang by mans, en sy weet dit ook. Toe besef ek hoe sterk my behoefte is aan beskerming, my oe is lekker dik gehuil. Ek wil nie nodig he om my eie battles te fight nie. My man is emosioneel afgestomp en glad nie die simpatieke tipe nie. My pa was ook glad nie te vertroostende tipe nie. Ek is ook ‘n mens, ek het ook ‘n hart. Ek wil ook he iemand moet ‘n slag vir my opstaan en my battle fight, ek wil ook ‘n vertroostende hand op my skouer he, ‘n sagte gebaar wat se, toemaar, ek is lief vir jou, ek gee om en ek wil jou beskerm. Ek het dit nodiger as sy, sy het dit haar lewe lank, en sy is nie eers ‘n emosionele mens nie…as hulle verby haar klein lyfie en popgesiggie kyk, sal hulle besef dat sy ‘n agteraf bitch is en raaksien dat sy my werk soek, omdat my salaris groter is. Maar as sy ‘n voorstel het wat haar taak vergemaklik en my werk meer maak, word daar ingestem, omdat ek dit mos kan handle en omdat sy, sy is.

So voordat julle kante kies teen die selfversekerde bitch in die kantoor, kyk eers hoekom sy optree soos wat sy optree, dalk het sy ‘n sagte hartjie van goud en die enigste manier hoe sy seerkry en onregverdigheid kan hanteer is om op te kom vir haarself, omdat dit haar beter laat voel oor haarself, en omdat sy dalk nie vir almal wil wys dat sy vinnig seerkry en hierdie brose weerlose patetiese mens is wat vinnig verwerp voel en eintlik glad nie ‘n selfbeeld het nie.

Dalk dra ek ‘n masker…

Ek wil vandag op my pa of my man se skoot sit, sy arm om my lyf voel, en ‘n vertroostende hand wat oor my hare streel… veilig, beskermd teen die seerkry van die lewe…

10 Kommentaar Mei 17, 2008
Sleutelwoorde:

DREAMS…

image005.gif    DREAMS ARE THE SECRET TREASURES OF OUR SOULS….

                                     AND WOULD FLY AWAY LIKE BUTTERFLIES….

                                     IF WE SET THEM FREE..

4 Kommentaar Februarie 18, 2008

DREAMS…

image005.gif

5 Kommentaar Februarie 18, 2008

Tag…

O ja…en ek tag vir Wimpie, Eben, Sonkind en Kokkewiet.

2 Kommentaar Desember 1, 2007

GE-TAG…

fairy5.jpgKom ons doen daai ding…

1. Ek is mal oor musiek…en kan baie sexy dans.

2.Ek het donker-bruin, amper swart, ogies wat deur mens kan kyk.

3.Ek het ‘n moesie effens links, bo my naeltjie en links bo my mond..

4.Ek is baie sensueel en seksueel.

5.Ek is baie emosioneel en intens.

6.Ek rook…en ek haat dit..dit stink, moet altyd eers my hande was, beechies eet en parfuum spuit nadat ek gerook het.

7.Ek hou van kosmaak…en eet, lol.

8.Wanneer ek lief raak, raak ek lief met my alles, en dan gee ek ook my alles.

Wel..daar is my agt feite oor myself.

8 Kommentaar Desember 1, 2007

image003.jpgHallo julle almal, die laaste 2 weke was chaoties, werk myself lekker moeg, Johan werk laat, goeie nuus is: besigheid bring geld, slegte nuus is, mens moet jou dinges af werk om dit te kry. As ek by die huis kom is dit kos maak, kinders bad, aandag aan hulle gee, hulle aan die slaap maak, en teen daardie tyd wil ek ook slaap. Maar ek mis  julle almal vreeslik baie. Ek het alweer julle gebede nodig…alles het goed gegaan by die werk tot ‘n week terug…   Die meisie wat my moet oplei, in wie se plek ek kom, het vir die finansiele bestuurder (wat ‘n hart-omlyning gehad het en tot nou toe nog nie by die werk was nie) gese dat sy tevrede is met my en sien dat ek die werk sal kan doen, dit was nou die eerste week. Toe begin die eienaar my raaksien, en prys vir my harde werk. Sien, ek het twee werke, doen die boeke en is die eienaar se P.A. Ek het bietjie ekstra moeite gedoen en onnet skriftelike waarskuwing dokument oorgetik, dan ook het ek ekstra werk op my geneem, wholesales – bie op die internet, autotrade website vir voertuie en adverteer voertuie daarop. En as hy vir my ander opdragte gee, voer ek dit dadelik uit, hy is immers die eienaar.. Nou sy en die eienaar, en dan ook die eienaar se ma, wat ook saam met ons werk, kom glad nie oor die weg nie, volgens my is die rede, omdat sy respek het vir niemand, met almal praat asof hulle haar mindere is, en maak asof die plek aan haar behoort. Let wel, sy is maar 25, ongetroud, geen kinders, nog in die “party” stadium. Toe sy nou sien ek kom goed oor die weg met altwee van hulle, het haar houding heeltemal teenoor my verander. Sy delete werk wat ek op die rekenaar gesit het en se dan vir die ander ek het vergeet om dit op te sit. Sy raak geirriteerd met my as ek haar vra om my iets te verduidelik, so ek het nie meer die vrymoedigheid om haar enigiets te vra nie. Sy het intussen vir die finansiele bestuurder, wat besluit of ek vas aangestel word of nie, en wat vir haar soos ‘n tweede pa is, hulle is baie “close”, gese ek maak foute en werk stadig. Toe stel hy voor dat sy vir my ‘n toets opstel en as ek die toets nie slaag nie, word ek nie vas aangestel nie. So ek vra groot asb dat julle sal bid dat Jesus my help om die werk beter as sy-self te kan doen teen die tyd wat ek die toets moet skryf. Dat Hy my sal help om te konsentreer en alles omtrent die werk te memoriseer. Groot asb julle…ek wil met my hele hart die werk he. Ek het toe met die eienaar gepraat en gevra of ek my volle salaris kry Des, al maak ons die 15de toe, en hy het gese aangesien hy kan sien ek doen my bes sal hy my volle salaris betaal. Toe is die finansiele bestuurder en natuurlik Jacoline, woedend, omdat ek met hom oor die salarisse gepraat het, want die finansiele bestuurder werk met die salarisse, maar hy was nie daar nie. Wat die vakansie betref, ek bid nog vir geldjies om weg te kan gaan. Wil met my hele hart see toe gaan.  Liefdetjies vir julle, ek mis dit om met julle te gesels.

Add a comment Desember 1, 2007

Hallo almal, sjoe, maar die tyd vlieg vinnig verby…Amper alweer Kersfees. Ons maak toe van die 15de Des tot 2 Jan, dis lekker, maar ek stress nogal, ek werk 15 Des eers ‘n mnd, so hulle gaan my seker nie my volle salaris gee vir Des nie… Ek dink hulle gaan my einde van die mnd helfte gee, en 15 Des ander helfte. Ander mense kry volle salaris… Meeste van julle gaan seker amper op verlof, deel bietjie met my waarnatoe julle gaan. Seker see toe…..ai…ek wens…

7 Kommentaar November 24, 2007

Sondag = eetdag

Mens ons , ek het my alweer trommeldik geeet vandag. Ek sal moet briek aandraai, raak net dikker. As ek moet eet elke keer wat ek honger is, en net tot ek versadig is, sal ek baie min eet. Maar ek is so lief vir kos, en kosmaak, en ek eet agter die lekker aan. Uit daarmee…wie van julle is so lief vir lekker kos soos ek? Boerekos, soetpampoen, groenboontjies met tamatie en uie en aartappel, blomkool met kaassous, gebakte aartappel, boud, hoender…Ek is vreeslik lief vir vleis, en hou nie van droe kos nie, alles moet ‘n lekker sous he…Johan ook. Kos speel ‘n groot rol in ons lewe, dis ‘n liefde wat ons altwee deel, ons altwee hou van lekker kos. Was nog nooit in my lewe so vet soos nou nie. Na Calista was ek binne drie mnde terug in my ou lyf, selfs maerder, 1jr en half daarna het ek geboorte gegee aan Marko…en net aanhou eet. Ek hou van slaai, vis en hoender, maar as ek die reuk van die kos kry wat ek vir die res van my gesin maak, is dit maar moeilik. Of as Johan kfc koop en ek moet slaai en vis eet…wel ja, ek swig gou voor die versoeking. Het iemand nie vir my ‘n goedkoop, lekker dieet nie, want so kan ek nie aangaan nie?!!! Ek kan ook niks drink wat my eetlus onderdruk nie, want alles bevat kaffein en ek kry hartkloppings van dit. Ek het ‘n vibroshape, maar my kinders los my uit as ek dit aansit nie, wil heeltyd voel hoe dit voel en knoppies druk, en teen die tyd wat hulle gaan slaap is ek ook kapoet. As ek by die huis kom, is dit kosmaak, eet, kinders bad, bietjie aandag gee aan hulle en gaan slaap. Johan kom soms eers sewe-uur by die huis, en ek sien nie kans om alleen met kinders te gaan loop. Staan soggend half-ses op…dis klaar vroeg genoeg, want net so lief soos wat ek is vir eet, is ek vir slaap. Nie ‘n goeie kombinasie nie, eet en slaap..lol. En as ek op ‘n dieet is en ek sien nie vinnig resultate nie, gee ek gou tou op. En ek weet ‘n kitsdieet help nie, dit moet ‘n langtermyn verandering wees, maar hoe gee mens een van jou groot liefdes heeltemal op? Ek het nooit voorheen ‘n probleem gehad nie, het dieselfde kos geeet, maar ja, ek was baie meer aktief. Dans was ook ‘n groot liefde van  my, maar Johan haat dans. Dit was maklik om te dieet na Calista, want Johan was in die kollege, net elke 2 wke huis toe gekom. Lol, en voor ek en Johan bymekaar uitgekom het was ek baie meer seksueel aktief…(ek moes dit dalk nie gese het nie), maar julle almal weet mos nou al van my en my eetlus… Enige raad..?

13 Kommentaar November 18, 2007

Bladsye

Kategorieë

Skakels

Meta

Kalender

Mei 2024
M D W T V S S
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Most Recent Posts