Tart…of tert…

Mei 20, 2008 feetjieland

Sy probeer haar bes, tart my uit, maar ek hou my “pose”, vriendelik soos ‘n kat wat room gekry het. Hoekom is mense so wreed, so genadeloos, daarop uit om die lewe vir ander onaangenaam te maak. Ek maak ook mense se gevoelens seer soms, maar voel soos ‘n wurm na die tyd en probeer altyd opmaak daarvoor. Ek is altyd die eerste een om onverskoning te vra. Dis mos nie lekker om in vyandskap te lewe nie, ek haat onmin. Dit krap my heeltemal om!!! Dis vir my iets verskriklik as ek weet iemand is kwaad vir my of hou nie van my nie. Ek was nie altyd so nie…. As tiener was ek ‘n rebel, het ‘n veer gevoel vir wat mense van my dink, wel, in my vroee twintigs ook, dis maar vandat ek getroud is en kinders het dat dit verander het. Maar ek was nooit genadeloos wreed en daarop uit om iemand se lewe onaangenaam te maak nie, ek het net nie omgegee wat mense van my dink nie. Hoekom is sekere mense sag en ander hard? Is dit maar elkeen se keuse oor hoe om seer te hanteer, sommiges bou ‘n muur, onderdruk alle emosies, is emosioneel afgestomp, glad nie in voeling met hul eie of ander se emosies nie, ander weer, bly sag, kry maar elke keer seer, huil, skree, en probeer maar daarmee deal.

Hoe hanteer JY seer? Verstaan my vraag…nie wat dink jy is die beste manier om seer te hanteer nie, brutale eerlikheid…hoe hanteer jy seer?

 

 

Entry Filed under: Uncategorized

9 Comments Add your own

  • 1. Wipneus!  |  Mei 21, 2008 om 9:00 vm

    Ek werk dit in my kop uit en probeer agter die kap van die byl kom. Soms het hierdie mense wat ander so seer maak hulle eie duiwels waarteen hulle veg. Hulle wil hulle seer verplaas na ander. Soms is hulle arrogant of nog jonk en ken nog nie regtig die lewe nie, hulle verstaan nie van seerkry of seermaak nie.

    Ek maak ook nie graag ander seer nie! Maar ek vat ook net soveel seer, dan raak ek wild, en hulle gaan dit hoor!

    Sterkte

  • 2. Eben  |  Mei 22, 2008 om 4:58 vm

    Ai ai ai Feetjie!! Dis ‘n lekker vraag wat jy vra, en mens kan boeke skrywe. Ek vermy absoluut konflik. As daar eending is wat ek haat is dit ‘n baklei en gekerm en gestry in my ore.

    Mens is soms nie altyd gelukkig om weg te kom van alles, en is ook blootgestel aan konflik en hatespraak.

    As ek jy was, het ek die persoon genader en agter toe deure gesels met haar en gevra wat is die probleem! Vooraf maak ‘n lysie wat jy vooraf opgetrek het, want as jy eers begin praat, dan vergeet mens die helfte.

    Ek bedoel ons almal is beskaaf met waardes, en niemand het die reg om binne jou eie privaat ruimte in te beweeg sonder jou toestemming.

    Sterkte ((Feetjie))

  • 3. neykie  |  Mei 22, 2008 om 7:18 vm

    vir my. hardloop eerder weg as om dit te face….

    slapgat neykie ek weet

  • 4. Meermin  |  Mei 22, 2008 om 11:15 vm

    Hoe hanteer ek dit, draai my rug, gaan sit onder ‘n boom langs water en tjank my oge uit! Ek ken vir te lank hierdie seer wat ek in my dra!! Feetjie ek was SHARKS, jy ken my storie! Bly jy is terug!

  • 5. boendoe  |  Mei 23, 2008 om 7:51 nm

    Ja, bly jy is terug! Op jou vraag: ek tjank en tjank!

  • 6. Eben  |  Mei 27, 2008 om 4:59 vm

    Hoekom so skaars, waar is die volgende posting … moenie dat ons jou vang ‘wegraak!”🙂

  • 7. Ina  |  Mei 27, 2008 om 1:14 nm

    Hi, welkom terug.

    Dit is seker een van die moeilikste vrae. Ek draai gewoonlik maar om en loop weg.

  • 8. Suz  |  Mei 29, 2008 om 12:38 nm

    Ek gaan stip in my hoekie en huil!!

    Is baie bly jy is terug, soos Eben sê moenie weer wegraak nie.

  • 9. Tersia  |  Junie 7, 2008 om 7:01 nm

    Hi Fee, welkom terug! EK huil met ‘n seer myself amper in ‘n koma in, maar daarna voel ek soms beter! Probeer dit sover moontlik altyd vermy, omdat ek dit nie kan hanteer nie!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

Mei 2008
M T W T F S S
« Feb    
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Most Recent Posts

 
%d bloggers like this: