Ek voel vandag soos ‘n klein dogtertjie…

Mei 17, 2008 feetjieland
Etikette:

Ek voel vandag soos ‘n klein dogtertjie … oor ‘n insident by die werk. Is nie lus om die hele storie te vertel, die girl is  blond,fyn, klein en popmooi – en om alles te kroon het sy hierdie dogtertjie-stemmetjie. Ek is 2 keer haar grote, 5jr ouer, het deesdae rooi hare…lol, en het ‘n volwasse effens hees stem. Ek dra nie maskers nie ….of dalk doen ek…punt is, ek maak nie ‘n moordkuil van my hart nie, ek is reguit, as iets my pla, praat ek daaroor. as iemand my te na kom, staan ek op vir myself – (en ek is nogal goed daarmee, moes al baie battles fight in my lewe), so ja, ek kom vir sekere mense voor as ‘n selfversekerde bitch wat haarself kan handhaaf en die punch kan vat. Sy weer, is ‘n agteraf bitch en voor almal is sy die onskuldige soet dogtertjie wat hulle beskerming nodig het. En natuurlik wek sy beskermingsdrang by mans, en sy weet dit ook. Toe besef ek hoe sterk my behoefte is aan beskerming, my oe is lekker dik gehuil. Ek wil nie nodig he om my eie battles te fight nie. My man is emosioneel afgestomp en glad nie die simpatieke tipe nie. My pa was ook glad nie te vertroostende tipe nie. Ek is ook ‘n mens, ek het ook ‘n hart. Ek wil ook he iemand moet ‘n slag vir my opstaan en my battle fight, ek wil ook ‘n vertroostende hand op my skouer he, ‘n sagte gebaar wat se, toemaar, ek is lief vir jou, ek gee om en ek wil jou beskerm. Ek het dit nodiger as sy, sy het dit haar lewe lank, en sy is nie eers ‘n emosionele mens nie…as hulle verby haar klein lyfie en popgesiggie kyk, sal hulle besef dat sy ‘n agteraf bitch is en raaksien dat sy my werk soek, omdat my salaris groter is. Maar as sy ‘n voorstel het wat haar taak vergemaklik en my werk meer maak, word daar ingestem, omdat ek dit mos kan handle en omdat sy, sy is.

So voordat julle kante kies teen die selfversekerde bitch in die kantoor, kyk eers hoekom sy optree soos wat sy optree, dalk het sy ‘n sagte hartjie van goud en die enigste manier hoe sy seerkry en onregverdigheid kan hanteer is om op te kom vir haarself, omdat dit haar beter laat voel oor haarself, en omdat sy dalk nie vir almal wil wys dat sy vinnig seerkry en hierdie brose weerlose patetiese mens is wat vinnig verwerp voel en eintlik glad nie ‘n selfbeeld het nie.

Dalk dra ek ‘n masker…

Ek wil vandag op my pa of my man se skoot sit, sy arm om my lyf voel, en ‘n vertroostende hand wat oor my hare streel… veilig, beskermd teen die seerkry van die lewe…

Entry Filed under: Uncategorized

10 Comments Add your own

  • 1. platterfuss  |  Mei 17, 2008 om 8:47 nm

    eish feetjie! ((((Feetjie))))

    Bly net glo in jouself!!

  • 2. Pikkelik  |  Mei 18, 2008 om 12:57 nm

    Ek is seker onder daai eina lê ‘n BAIE sterk vrou, ‘n mensekenner en ‘n vrou wat weet wat sy wil in die lewe. So hou jou kop hoog, kom huil op ons skouers (ons sal altyd luister) en wees wie jy veronderstel is om te wees. Sterkte vir jou!!!! (((Feetjie)))

  • 3. Suz  |  Mei 19, 2008 om 6:38 vm

    Sterkte vir jou, wees net geduldig een of anders tyd gaan sy tot ‘n val kom.

  • 4. Wipneus!  |  Mei 19, 2008 om 8:04 vm

    Die lewe is partykeer moeilik, feetjie.

    Sterkte vir jou.

  • 5. Dellie  |  Mei 19, 2008 om 9:41 vm

    Welkom terug! Het al gedink jy het ons permanent verlaat.

    Miskien moet jy jou hare blond dye, jou werk half doen, vreeslik aan die huil gaan as jy ‘n fout maak, en ‘n man vra om jou laptop te dra omdat dit te swaar is…😆

    Haai nee, ek probeer jou maar net opcheer! Sterkte daai kant!😉

    Hoop nie ons wag weer so lank voor ons van jou hoor nie!

  • 6. neykie  |  Mei 19, 2008 om 9:53 vm

    welkom terug jy,

    lekker week vir jou

  • 7. Meermin  |  Mei 19, 2008 om 10:52 vm

    Welkom terug, soms voel ons almal soos ‘n klein dogtertjie, die klein dogtetjie in ons bly maar daar!!

  • 8. Eben  |  Mei 20, 2008 om 5:17 vm

    Welkom terug vriendin!! dis lekker om weer van jou te lees.

    Ja, ek glo by elke werk is daar maar die een persoon wat voorgetrek word, en die ander wat aan die agterste speen suip.

    Miskien moet jy Dellie se raad vat, jou hare ook blond maak, en elke oggend jouself voor die spieel op die agterstewel klap en se ” …. vatso liewe dag, hier kom ek!”

    Lekker dag en hoom nie jy neem weer 30jr om ‘n posting te maak!!

    (((Feetjie)))

  • 9. witperd  |  Mei 20, 2008 om 9:49 vm

    Welkom terug-kon darem gou vinnig inloer…

    Sterkte vir jou!!! Alles sal reg kom..

  • 10. Eendjie  |  Mei 20, 2008 om 11:12 vm

    Daardie klein dogtertjie gevoel is goed aan my bekend. Sterkte (((Feetjie))) Wees net jouself.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

Mei 2008
M T W T F S S
« Feb    
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Most Recent Posts

 
%d bloggers like this: