Sondag = eetdag

November 18, 2007 feetjieland

Mens ons , ek het my alweer trommeldik geeet vandag. Ek sal moet briek aandraai, raak net dikker. As ek moet eet elke keer wat ek honger is, en net tot ek versadig is, sal ek baie min eet. Maar ek is so lief vir kos, en kosmaak, en ek eet agter die lekker aan. Uit daarmee…wie van julle is so lief vir lekker kos soos ek? Boerekos, soetpampoen, groenboontjies met tamatie en uie en aartappel, blomkool met kaassous, gebakte aartappel, boud, hoender…Ek is vreeslik lief vir vleis, en hou nie van droe kos nie, alles moet ‘n lekker sous he…Johan ook. Kos speel ‘n groot rol in ons lewe, dis ‘n liefde wat ons altwee deel, ons altwee hou van lekker kos. Was nog nooit in my lewe so vet soos nou nie. Na Calista was ek binne drie mnde terug in my ou lyf, selfs maerder, 1jr en half daarna het ek geboorte gegee aan Marko…en net aanhou eet. Ek hou van slaai, vis en hoender, maar as ek die reuk van die kos kry wat ek vir die res van my gesin maak, is dit maar moeilik. Of as Johan kfc koop en ek moet slaai en vis eet…wel ja, ek swig gou voor die versoeking. Het iemand nie vir my ‘n goedkoop, lekker dieet nie, want so kan ek nie aangaan nie?!!! Ek kan ook niks drink wat my eetlus onderdruk nie, want alles bevat kaffein en ek kry hartkloppings van dit. Ek het ‘n vibroshape, maar my kinders los my uit as ek dit aansit nie, wil heeltyd voel hoe dit voel en knoppies druk, en teen die tyd wat hulle gaan slaap is ek ook kapoet. As ek by die huis kom, is dit kosmaak, eet, kinders bad, bietjie aandag gee aan hulle en gaan slaap. Johan kom soms eers sewe-uur by die huis, en ek sien nie kans om alleen met kinders te gaan loop. Staan soggend half-ses op…dis klaar vroeg genoeg, want net so lief soos wat ek is vir eet, is ek vir slaap. Nie ‘n goeie kombinasie nie, eet en slaap..lol. En as ek op ‘n dieet is en ek sien nie vinnig resultate nie, gee ek gou tou op. En ek weet ‘n kitsdieet help nie, dit moet ‘n langtermyn verandering wees, maar hoe gee mens een van jou groot liefdes heeltemal op? Ek het nooit voorheen ‘n probleem gehad nie, het dieselfde kos geeet, maar ja, ek was baie meer aktief. Dans was ook ‘n groot liefde van  my, maar Johan haat dans. Dit was maklik om te dieet na Calista, want Johan was in die kollege, net elke 2 wke huis toe gekom. Lol, en voor ek en Johan bymekaar uitgekom het was ek baie meer seksueel aktief…(ek moes dit dalk nie gese het nie), maar julle almal weet mos nou al van my en my eetlus… Enige raad..?

Entry Filed under: Uncategorized

13 Comments Add your own

  • 1. Die Brein  |  November 18, 2007 om 6:33 nm

    Ja Sondag is brasserydag (ooretersdag).Hoekom kan `n mens nie net matig eet op `n Sondag nie, wel mens lewe seker net eenmaal.Ek stuur vir jou `n dieet.

  • 2. boendoe  |  November 19, 2007 om 7:07 vm

    Uh-uh, as jy op ‘n wenplan afgekom het, stuur dit asb vir my! Ek sukkel net so, het glad nie raad vir jou nie.

  • 3. Ina  |  November 19, 2007 om 8:49 vm

    Hi

    Ek is bly jy het die werk gekry. Glo nou in jouself en jy sal ‘n sukses wees.

    Ek het probeer om vir jou mail te stuur maar dit bly terug kom.

    Lekker dag

    Ina

  • 4. mykopop  |  November 19, 2007 om 2:00 nm

    As jy ‘n paar woorde in Nederlands kan lees, sien ook: http://anneman.wordpress.com/2007/11/19/liedje/

    Raad? Moenie daardie raad volg nie!

  • 5. Dellie  |  November 19, 2007 om 3:40 nm

    Ek is ook die laaste ene by wie jy moet raad vra op hierdie stadium! Ek het moed opgegee tot volgende jaar! Ek werk ook heeldag en, en, en…Met al die parties en goed die tyd van die jaar is dit ook nie makliker nie.

    Stuur vir my ook daai dieet as jy hom kry?😆

    BTW, baie geluk met jou nuwe werk, ek is seker jy sal alles sommer gou baasraak!

  • 6. platterfuss  |  November 19, 2007 om 5:34 nm

    Mens mag so af en toe ‘kroek’! HEHE!!!

    En die eetlus… ja wel! Jy’t MY nou honger met al die KOS!!!! Die res…. mos lankal gesê ek’s weer ‘n ‘virgin’! 😛

  • 7. Mona  |  November 19, 2007 om 10:16 nm

    O die Sondag grooteet-ding! Baie slegte tradisie, maar o so lekker!

    Sussa, gee my net vleis, vleis en nog vleis en ek smile! Jy weet mos.

    Jy gaan nou so besig wees, die gewiggies gaan vanself wegsmelt. Nie dat daar juis is nie, maar nou ja…

    Lief vir jou!

  • 8. KruidjieRoerMyNie  |  November 21, 2007 om 8:14 vm

    Ek is self lief vir kos en tel maklik gewig op. Ek kroek gereeld want daars altyd ietsie in die huis ‘vir die kinders’ en as ek myself kry, dan eet ek van dit… Al wat help is oefening. Dan voel ek nie so skuldig oor alles wat ek eet nie. Sondae is ek NET so skuldig. Dan eet ek vir twee.

  • 9. BB  |  November 21, 2007 om 6:18 nm

    Ek het net 2 woordjies vir jou Feetjie: ALL BRAN – nee ek jok, 3! ALL BRAN, STERKTE😉 xx

  • 10. Butterfae  |  November 22, 2007 om 5:46 nm

    hoesit Fairy!
    Jou blog lyk STUNNING! Sal een van die dae weer lekker saam julle chat oor daai lekker dinge!!!
    Groete
    Butter

  • 11. SHARKS  |  November 23, 2007 om 5:44 vm

    Feetjie geniet jou naweek, jammer ek was so stil, maar ons is baie besig, kry net nie meer tyd om al die blogs te lees of comments te los nie. Jy moet bietjie ‘n draai gaan maak op my blog, het nogal aan jou gedink, toe ek dit doen. Ek het ook foto’s op van Saterdag se B’DAY partie hier op die plein. DIT WAS FEESTE GEWEES!!

    Lekker naweek vir jou feetjie. Chat later met jou op mxit.

  • 12. SHARKS  |  November 23, 2007 om 5:46 vm

    OEPS. Nee julle kos is nie my baas nie, ek is kos se baas, ek eet maar min, raak gou gou versadig, ek kan hoe honger wees, het skaars begin eet, dan is ek DIK!!

  • 13. rb  |  November 23, 2007 om 2:26 nm

    Feetjie, ek is bly om te lees jy klink sommer al klaar beter.
    Ek het bietjie lanklaas gelees en het gou probeer inhaal.
    Geluk met die nuwe werk, STERKTE.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

November 2007
M T W T F S S
« Oct   Dec »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930  

Most Recent Posts

 
%d bloggers like this: