Archive for Oktober 24th, 2007




Vir die mans…

fairy9.jpgfairy3.jpgfairy5.jpgDie Brein …jy het gevra wat van fotos vir al die “honger” mans daarbuite..wel, toe het ek , my sussie en my vriendin besluit om vir julle te “pose” in ons fee-gewaad…mwahahaha

2 Kommentaar Oktober 24, 2007

Duitse Masels..

My vlooitjie het Duitse Masels…ek was Maandag en gister saam met haar by die huis, sy lyk vandag beter, so ek is by die werk, en sy is by die bediende. Marko is vir die eerste keer alleen Creche toe, het vreeslik gehuil, maar ek kan nie nog ‘n dag by die huis bly nie, want Wynand moet by die kantoor kom sit as ek by die huis bly, en Johan het hom nodig om te help met installasies. En die bediende sien nie kans vir altwee kinders nie. So my hart is seer oor my seuntjie wat alleen kleuterskool toe is en my dogtertjie wat siek is…sy het nie meer koors nie, maar haar keel is seer en sy hoes heeltyd, en ja sy is nog uitgeslaan. En intussen voel dit of ‘n trein my getrap het, my hele lyf is seer, kop voel dik, het sinus en my tandvleis is ontsteek…  Wil gou seker maak, ek het gehoor hulle mag nie bad as hulle Duitse Masels het nie..? Vir hoe lank mag hulle dan nie bad nie? En ook dat hulle nie in die son mag kom nie..?

4 Kommentaar Oktober 24, 2007

Die Game…

Eers het ons beplan om na my sussa-hulle toe te gaan, maar dinge het toe nie so uitgewerk nie 😦    , toe nooi ons vriende om die game by ons te kom kyk. As ‘n halwe troosprys het my vriendin, Charlene en haar man, die game by ons kom kyk. Nie dat sy of enigiemand anders die plek van my sussa kan neem nie, daarom se ek halwe troosprys. Almal was so drie-uur die middag al by ons… Ons het geswem, darts gespeel en ek en die girls het ‘n potjie scrabble gespeel.  Ons het onsself “gepace” want ons wou darem die game kyk, en daar was ‘n bottel peppermint likeur en Amarula om springbokkies te gooi, sodat ons lekker gekuier kan raak tydens die game. Die mans het hulle vergryp aan die brannas en coke, soveel so dat Charlene se man, Willie, wou huistoe gaan nog voor die game begin het. Was ek vir jou kwaad. Hoe selfsugtig kan mens wees, hy het mos geweet ons moet nog braai en die game kyk, as hy dan lus was om horibaal te raak, hoekom nie wag vir die game en homself dan vergryp aan die springbokkies nie…!!!! Ons het hom probeer oorreed om in my gastekamer te gaan le totdat hy beter voel, ek wou vir hom ‘n koppie swart koffie maak met baie suiker in, maar hy wou niks weet… hy wou huistoe gaan en Charlene moet saam!!! So my halwe troosprys is toe ook voor die rugby en voor die braai huis toe!! Kyk, Johan weet, daar is nie ‘n manier as ek nog wil kuier dat ek huis toe sal gaan omdat hy homself kapabel gedrink het nie, hy sal maar moet gaan le tot hy beter voel, of tot ek klaar gekuier het! Lol, en ja, gewoonlik is hy die eerste een wat wil huis toe gaan, want hierdie girl sal kuier tot die son opkom! So het ons toe maar die rugby gekyk saam met Wynand, sy boetie en die se meisie, Hannelie. Na die game en baie springbokkies, het ons die bakkie se canopy afgehaal, ek en Hannelie het agterop gestaan en ons het deur die dorp gery, hoeter gedruk, geskree…maar basies wat die res van die mense ook gedoen het. Alle rasse was in ekstase, het hoeter gedruk, geskree, by die vensters uitgehang, al die mense het buite die pubs gestaan, gedrink en geskree…tot die polisiemanne het by die bakkies se vensters uitgehang en geskree, die gees was wonderlik..Gelukkig is ons digitale kamera gebreek, sou ons het nie fotos geneem nie, ook maar goed so, want hierdie girl was goed gekuier..

Baie geluk Bokke!!! Ons is trots op julle!!!

2 Kommentaar Oktober 24, 2007

Bladsye

Kategorieë

Skakels

Meta

Kalender

Oktober 2007
M D W T V S S
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Posts by Month

Posts by Category