Duitse Masels..

Oktober 24, 2007 feetjieland

My vlooitjie het Duitse Masels…ek was Maandag en gister saam met haar by die huis, sy lyk vandag beter, so ek is by die werk, en sy is by die bediende. Marko is vir die eerste keer alleen Creche toe, het vreeslik gehuil, maar ek kan nie nog ‘n dag by die huis bly nie, want Wynand moet by die kantoor kom sit as ek by die huis bly, en Johan het hom nodig om te help met installasies. En die bediende sien nie kans vir altwee kinders nie. So my hart is seer oor my seuntjie wat alleen kleuterskool toe is en my dogtertjie wat siek is…sy het nie meer koors nie, maar haar keel is seer en sy hoes heeltyd, en ja sy is nog uitgeslaan. En intussen voel dit of ‘n trein my getrap het, my hele lyf is seer, kop voel dik, het sinus en my tandvleis is ontsteek…  Wil gou seker maak, ek het gehoor hulle mag nie bad as hulle Duitse Masels het nie..? Vir hoe lank mag hulle dan nie bad nie? En ook dat hulle nie in die son mag kom nie..?

Entry Filed under: Uncategorized

4 Comments Add your own

  • 1. Roer  |  Oktober 24, 2007 om 8:51 vm

    Eish. Nie lekker nie.

  • 2. Dellie  |  Oktober 24, 2007 om 8:59 vm

    Ai, sterkte Feetjie! Ek weet nie van die bad storie nie, maar ek weet dat die ogies bietjie sensitief kan wees vir skerp lig, ek kan onthou ek moes in ‘n donker kamer lê toe ek dit gehad het as kind. En van die koshuis af huistoe moes ek ‘n donkerbril dra. So hou haar maar uit die son uit. ((Vlooi))

  • 3. SHARKS  |  Oktober 24, 2007 om 10:45 vm

    HOU HAAR UIT DIE SON UIT!!! HOU HAAR KAMER DONKER. SPONS HAAR MAAR NET AF. Sterkte vir julle, ai my hart is saam jou seer, mens wil by jou kinder(S) wees as hulle siek is.

  • 4. Mona  |  Oktober 24, 2007 om 8:22 nm

    Jip Sussa, spons haar lekker af met louwarm water. Sy sal sommer beter voel daarna.

    Gee vir Vlooitjie ‘n soen van my en die girls af – vat vir jou ook ‘n paar, OK?

    Mwah!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

Oktober 2007
M T W T F S S
    Nov »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Most Recent Posts

 
%d bloggers like this: