Die Game…

Oktober 24, 2007 feetjieland

Eers het ons beplan om na my sussa-hulle toe te gaan, maar dinge het toe nie so uitgewerk nie :(    , toe nooi ons vriende om die game by ons te kom kyk. As ‘n halwe troosprys het my vriendin, Charlene en haar man, die game by ons kom kyk. Nie dat sy of enigiemand anders die plek van my sussa kan neem nie, daarom se ek halwe troosprys. Almal was so drie-uur die middag al by ons… Ons het geswem, darts gespeel en ek en die girls het ‘n potjie scrabble gespeel.  Ons het onsself “gepace” want ons wou darem die game kyk, en daar was ‘n bottel peppermint likeur en Amarula om springbokkies te gooi, sodat ons lekker gekuier kan raak tydens die game. Die mans het hulle vergryp aan die brannas en coke, soveel so dat Charlene se man, Willie, wou huistoe gaan nog voor die game begin het. Was ek vir jou kwaad. Hoe selfsugtig kan mens wees, hy het mos geweet ons moet nog braai en die game kyk, as hy dan lus was om horibaal te raak, hoekom nie wag vir die game en homself dan vergryp aan die springbokkies nie…!!!! Ons het hom probeer oorreed om in my gastekamer te gaan le totdat hy beter voel, ek wou vir hom ‘n koppie swart koffie maak met baie suiker in, maar hy wou niks weet… hy wou huistoe gaan en Charlene moet saam!!! So my halwe troosprys is toe ook voor die rugby en voor die braai huis toe!! Kyk, Johan weet, daar is nie ‘n manier as ek nog wil kuier dat ek huis toe sal gaan omdat hy homself kapabel gedrink het nie, hy sal maar moet gaan le tot hy beter voel, of tot ek klaar gekuier het! Lol, en ja, gewoonlik is hy die eerste een wat wil huis toe gaan, want hierdie girl sal kuier tot die son opkom! So het ons toe maar die rugby gekyk saam met Wynand, sy boetie en die se meisie, Hannelie. Na die game en baie springbokkies, het ons die bakkie se canopy afgehaal, ek en Hannelie het agterop gestaan en ons het deur die dorp gery, hoeter gedruk, geskree…maar basies wat die res van die mense ook gedoen het. Alle rasse was in ekstase, het hoeter gedruk, geskree, by die vensters uitgehang, al die mense het buite die pubs gestaan, gedrink en geskree…tot die polisiemanne het by die bakkies se vensters uitgehang en geskree, die gees was wonderlik..Gelukkig is ons digitale kamera gebreek, sou ons het nie fotos geneem nie, ook maar goed so, want hierdie girl was goed gekuier..

Baie geluk Bokke!!! Ons is trots op julle!!!

Entry Filed under: Uncategorized

2 Comments Add your own

  • 1. neykie  |  Oktober 24, 2007 om 7:22 vm

    Bly julle het dit geniet soos ek seker is almal het.

    Mense wat uitgaan om dronk te word nog voor die game en so almal se aand spoil is inderdaad selfsugtig.

    N

  • 2. Mona  |  Oktober 24, 2007 om 7:45 nm

    Dit is omdat jy by MY moes wees!!! Ek was so teleurgesteld hierdie kant… Geen ander kuiergaste sou kon troos nie.

    Watookal, né?

    Love u Babes!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

Oktober 2007
M T W T F S S
    Nov »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Most Recent Posts

 
%d bloggers like this: