Ek mis julle!!!
November 17, 2007
feetjieland
Hallo julle, ek het toe die werk gekry…ek is aangestel op ‘n maand proeftydperk, salaris is R4000 en as ek vas aangestel word na die mnd kry ek ‘n aanpassing. Dis baie werk, debiteure, krediteure, btw, salarisse, lone, rekons, stock, moet alles op die stockprogram en pastel invoer..so ek het nie meer tyd om te mail of te blog nie, en ek mis julle almal sooooooo baie!!! Die mense saam meet wie ek werk is vriendelik, baas is net bietjie kwaai, maar ek verstaan, hy is ‘n scorpio soos ek, en glo ook aan reg of weg. Hy is soms bietjie onredelik, dis nou maar wat ek opgetel het met hoe hy optree teenoor die ander werkers, ek en hy het darem nog nie issues gehad nie. Bid asb dat ek vas aangestel word!!! Die werk is nie moeilik nie, maar baie, die meisie in wie se plek ek gaan werk is darem nog daar tot 15 Des, maar ja, sy het nog nooit by alles uitgekom nie… So asb bid dat dit anders sal wees met my en ek wel deur al die werk sal kom. Sy en die baas sit gereeld vas, sy is sy P.A ook, asb bid dat ek vinnig sal leer, alles sal onthou en dat Liewe Jesus vir my ‘n spoed gee waarteen ek werk, wat skrik vir niks, sodat ek deur alles kan kom, en tyd sal he sodat ek alles kan re-organiseer sodat ek nie hoef rond te skarrel soos sy as die baas my iets vra nie!!! Ons maak toe van 15 Des tot 2 Jan, so dan sal ek darem weer kan blog..as my kiddies my die kans gee…lol. My sussie was vir ‘n historektemie, so gaan besoek ons haar toe in die hospitaal…ons het vermoed Marko het pampoentjies, en aangesien sy in die kraamsaal gele het, het ons toe beurte gemaak om buite te staan met hom. So loop ek en hy in die gange, en ‘n swart man kom toe uit die kindersaal uit, vat Marko se hand en begin vir ons bid. Ek het baie snaaks gevoel, warm en het hoendervleis gekry, hy bid toe dat Marko gesond word…….EN DAT ONS BESIGHEID UITBREI!!! Hoe het hy geweet ons het ‘n besigheid, ek ken die man van geen kant af nie. Baie weird…
You make me feel so special
By the sweet things that you do,
And sharing your life wonders
You are a friend so true.
Your heart is full of tenderness
Your cup overflows with love,
I know that your friendship came
From our dear Lord above.
You are always in my thoughts
As I hope I am in yours,
Your friendship is the sweetest fruit
Through which life just pours.
Walk with me as we grow old
Please leave me not behind,
Keep me always in your prayers
Good friends are hard to find
Entry Filed under: Uncategorized

6 Comments Add your own
Lewer kommentaar
Trackback this post | Subscribe to comments via RSS Feed

1.
KruidjieRoerMyNie |
November 17, 2007 om 12:30 nm
Geluk met die werk! Sterkte en mag jy vinnig en lekker werk.
2.
mona |
November 17, 2007 om 1:54 nm
Hi Sussa!!
So you’ve got a need.. a need for speed…! hehe Jy het dit reeds, girl! Jy gaan fine wees – jy is meer as bevoeg.
Just do your thing!
Lief vir jou!
Ek
*:-)*
3.
platterfuss |
November 17, 2007 om 5:57 nm
((hugz)) En natuurlik gaan jy n speedy sukses v d werk maak! Hey, niks kry ons skerpioene mos onder nie!
Moerske groot geluk! Seker dis die begin van Groot Dinge vir jou!
4.
boendoe |
November 18, 2007 om 10:00 vm
Hallo, geluk, en sterkte!
En probeer maar af en toe ietsie pos, sodat ons weet hoe dit gaan?
5.
Eben |
November 19, 2007 om 5:00 vm
Ja nee ons het jou almal gemis. Gedink jy is land uit sonder om te groet!! (sic!)
Kyk van Skerpioene kan jy my mos niks te vertelle nie, Marilee is mos ook een …..
Wat jou werk betref, werk vir jou ‘n program uit wat is belangrik nou en wat moet eerste klaar. As dit moet, wag tot die ander meisie weg is, en gaan sit met jou baas en praat met hom. Hoe sien hy dinge en wat is vir hom belangrik. Daardeur wen jy sy vertroue in hom, en hy weet hy kan staatmaak op jou.
Onthou jy is ‘n nuwe besem, en dit beteken jy veë skoner! So, wat ek eintlik probeer sê organiseer jouself en jou werk. As iemand jou iets vra, plaas jou hand daarop.
Sterkte, ons almal weet jy sal goed doen.
6.
Tersia |
November 20, 2007 om 7:46 nm
Baie geluk met jou werk! Ek hoop jy is baie gelukkig en suksesvol daar! Daardie weird gevoel… ek glo dit was die Heilige Gees wat deur daardie man gepraat het. Die Here se wee ken ons nie altyd nie! Sterkte!!
Liefies