November 9, 2007 feetjieland

blomme.jpgEk was gisteraand by ‘n lesing, marknavorsing vir ‘n program wat op tv was, Vikhusenzele, ‘n program vir kleinsake-ondernemings, hulle kykerstalle was laag en nou doen hulle marknavorsing, wil weet hoe kan hulle die program verander om kykerstalle op te stoot. Hulle het my R200 betaal om dit by te woon, Johan wou nie gaan nie. So koop ek toe vanoggend vir my sigarette daarmee, Johan gooi toe ‘n tantrum voor ons werkers omdat hy gister vir my ‘n pakkie gekoop het en dit alweer op is. Ek kan nie meer die vernedering hanteer nie. Die sigarette is nie met sy geld gekoop nie, so m.a.w. al verdien ek my eie salaris gaan hy nogsteeds vir my wil se wat ek daarmee mag maak, soos die vorige kere wat ek gewerk het en my salaris in sy bankrekening inbetaal is. Hy is nie van plan om op te hou om my soos ‘n kind te behandel nie. Hy is op hierdie “powertrip”, ek kry die indruk dat hy baie onseker oor homself voel, eintlik ‘n swak selfbeeld het en net beter oor homself voel as hy my kan verneder voor ander mense en wys, hy is die baas. Konfronteer ek hom daar en dan, wat ek gewoonlik doen, ek sukkel maar om my mond te hou, se hy vir my ek is nes my ma, noem my dan Susan Croucamp. En dan trek hy sy gesig en maak geluide terwyl ek praat, soos ‘n 10-jarige!!! Daarna sal hy my kort-kort stilmaak,. shttt, shttt, die hele flippen tyd. Hy doen dit voor ons werkers. Vat my aan voor hulle en as ek reageer is dit sy reaksie. Soos wat ek hier sit voel ek geen liefde vir hom nie, net woede en haat. Behalwe dit voel ek verwerp, ek kan nie eers onthou wanneer laas hy my net spontaan ‘n drukkie of soentjie gegee het nie. Hy soek ook nie seksuele toenadering nie, gee wel toe wanneer ek soek, maar dis asof dit vir hom ‘n las en ‘n werk is, dit terwyl hy geen moeite doen nie!! Ek weet julle is al gatvol vir my gekla, want dis ook al waar dit bly, gekla…Hoe lank gee ek hom nou kans om te verander teenoor my..? Wanneer is genoeg, genoeg? Waar trek mens die streep?

Entry Filed under: Uncategorized

19 Comments Add your own

  • 1. marat  |  November 9, 2007 om 7:30 vm

    Ek dink die streep is klaar getrek . . . en ek dink jy weet dit.

  • 2. boendoe  |  November 9, 2007 om 7:41 vm

    Ja, moet saam met Marat stem. Trek ‘n streep of…gee hom ‘n snotklap!
    Sterkte vir vanmiddag!

  • 3. lanaba  |  November 9, 2007 om 7:47 vm

    Ai my vriendin ek wens ek was daar by jou om ten minste net saam met jou n skyf te rook.Miskien moet jy die streep n bietjie duideliker maak…..n man skrik mos eers as n mens aksie geneem het….ek dink aan jou en sterkte met jou onderhoud!!!!

  • 4. Dellie  |  November 9, 2007 om 7:48 vm

    Ja nee, klap hom dat sy ore tuit!😆 Ek is nie ‘n voorstander van geweld nie, maar genade, hy klink nes ‘n stout kind!

    Ek hoop jy kry daai werk sodat jy ook kan begin lewe. Genoeg is genoeg!

  • 5. Ronelle  |  November 9, 2007 om 8:17 vm

    Ek lees die afgelope paar weke jou blog en het nog nie boodskappe vir jou gelos nie. My man is in die polisie en jou situasie is presies soos myne was. Jy sien, hulle werk elke dag met kriminele en die skuim van die aarde. Hulle praat vernederend met hulle – dis hulle werk. Nou kom hulle huis toe en jy en die kinders moet ook deurloop. Ek het ook gedreig om te skei. Dan raak hy vermakerig en sĂȘ hy sal alles vat en ek sal kaalgat uitstap. Toe gaan sien ek ‘n prokureur. Toe ek die middag by die huis kom vra hy waar ek was. Toe sĂȘ ek ek het ‘n prokureur gaan sien oor ‘n skeisaak. Hy het sy gat afgeskrik. Ek het die prokureur se naam en nommer vir hom gegee en gesĂȘ om hom te bel. Ek sou die een voertuig hou asook die huis as die kinders na my toe sou kom. Hy sou nie die kinders kry nie want sy werksure is ongereeld. Dit was die einde van my probleme. Hy het nooit gedink dat ek so ver sou gaan nie. Nou is dit sewe jaar later en ons is gelukkiger as ooit. Hy ruk nog party dae handuit, maar dan herinner ek hom gou ek is sy vrou en nie ‘n krimineel nie. Vasbyt, suster. En sterkte vir die onderhoud.
    Liefde

  • 6. feetjieland  |  November 9, 2007 om 8:37 vm

    Snaaks, Johan se persoonlikheid het verander van die oomblik af wat hy in die polisie begin werk het. Wat jy se maak sin…Ja..dalk moet ek ook ‘n prokureur gaan sien, miskien gee dit hom tog ‘n wake-up call.

  • 7. Cisca  |  November 9, 2007 om 12:25 nm

    Genoeg is klaar genoeg, girl!!! Ek het ook single geraak met ‘n kleintjie om te onderhou as gevolg van die Polisie. Reserviste. Strepie getrek, as jy geen gevoel meer het nie is dit ‘n baie groot gevaarteken, jy is besig om JOUSELF te verloor!!!!!!

  • 8. Tigerlily  |  November 9, 2007 om 1:00 nm

    )))fairytjie(((
    Fokus op jouself Fairytjie, kry jouself sterk genoeg om alleen te staan. ‘n Wyse iemand het een keer gesĂȘ: Moenie net uit die nes bliksem nie, oefen eers jou vlerke!

  • 9. sonkind  |  November 9, 2007 om 5:34 nm

    Feetjie, voor ek van my eerste man geskei is, het iemand my eenddag hierdie storietjie vertel.

    Mens kan jou mooiste beker laat val en dalk sal net die oor afbreek en jy plak dit weer aan met gom. Op ‘n dag laat val jy weer die beker en nou is daar ‘n effense kraak in, maar dis nog heel, en jy hou dit, want dis dan jou mooiste beker. Dan glip dit eendag weer uit jou hand en breek in vier stukke. jy huil en besluit om dit weer te plak, maar daar het fyn stukkies afgesplint en die beker is nie meer heeltemal so mooi nadat jy dit geplak het nie, want daar is chippies uit, klein porselein stukkies wat jy nie kon opspoor nie. En dan, eendag, val die beker weer uit jou hand en dis so stukkend dat geen gom dit weer gaan regplak nie en jy weet finaal dit moet drom toe gaan, al breek dit jou hart.

    ‘n Huwelik, ‘n verhouding, is ook so. Dit kan net soveel keer geplak word en dan nie meer nie. Net jy sal weet of jy dit nog kan plak.

  • 10. platterfuss  |  November 9, 2007 om 10:47 nm

    *sug* Eish Feetjie….

    Ek dink dis tyd dat jy vir ‘n slaggie aan JOU begin dink……..

    (((Feetjie)))

    Jy’s meer werd as dit! Mens kan ‘n seĂ«l net op 1 brief plak…. kan nie weer en weer en weer nie….

  • 11. mengelmoes  |  November 11, 2007 om 5:30 vm

    Ouch, dit is n baie rowwe tyd waardeer jy nou gaan. Issit nou die “vir botter of wors”, of is dit die fondasie was net nie sterk genoeg gele nie?

    Sterkte Feetjie, and chins up!

  • 12. die Brein  |  November 11, 2007 om 5:36 nm

    HI

    Ek stem saam met Ronelle skokterappie kan ook werk, maar soms ook nie.Probeer is die beste geweer.

    Fok niks gee hom die reg om soos `n vark met jou te praat voor die werkers nie, sorry maar dan het hy `n`

  • 13. SHARKS  |  November 12, 2007 om 6:09 vm

    Ai Feetjie wat is dit met die mans, ek is al daaraan gewoond, jy is nog jonk, dit aan jouself en jou kinders, fok hom, stuur hom maan toe met ‘n enkel kaartjie!! Hoe het die onderhoud toe gegaan? Kry vir jou ander werk, en gou ook, sodat jy ‘n move kan maak.

  • 14. Bennie Boekwurm  |  November 12, 2007 om 1:55 nm

    Gedink dit sal maak vir ‘n lekker lees:

    3 ways to compromise

    What would you give up for love? Try a bit of compromise instead.

    The central paradox underlying successful relationship compromise is that, when done properly, it should not feel like compromise at all. Or, at least, it shouldn’t feel like what we’ve come to believe compromise to mean: a kind of grudging giving in for the greater good of the relationship.

    1. Don’t give in or give up
    True compromise doesn’t mean giving in or giving up. It means a settlement made by mutual consent, involving concessions on both sides. The key idea here is “mutual consent”.

    Ttrying to reach a compromise you are both happy with tends to involve a change of focus, which in turn renders the concessions one might have to make seem less important.

    2. Managing conflict
    Clinical psychologist Monica Spiro says it’s the process that matters most. “All healthy relationships involve some conflict; it is how you manage that conflict that is important,” she says.

    “If meeting your partner’s needs negates your own needs… well, clearly that isn’t tenable. If you are going to compromise, you need to find a way to do it that you’re both comfortable with.” Spiro says.

    By setting aside the projection of your own needs long enough to see what your partner wants, and why they want it, you can take the discussion to a whole new level. “Of course, this is not always possible,” she adds.

    3. Unacceptable conflict
    “Sometimes one person may be ready to let their defences down while the other might take this opportunity to act like a bulldozer. Often couples need the intervention of a neutral third party to find the space safe enough to go through this process, which is when therapy is a good idea.”

    According to clinical psychologist Monica Spiro, both of these responses are common. “I often see women in emotionally abusive relationships who have lost their self-esteem to the point that they do not realise what is happening, and turn the situation around in their minds, thinking that they are the ones who need to become more tolerant,” she says.

    “Instead of saying, ‘I don’t have to take this,’ they take on the behaviour as their problem.” There are also scores of politically correct men out there succumbing to unacceptable levels of compromise as the women in their lives demand to set all the terms of the relationship as some sort of antidote to “years of oppression”.

    And then, of course, there’s the category that defies gender boundaries: those who simply find themselves partnered with selfish meanies. But regardless of where you and your relationship might fit in, how can you tell when you are no longer compromising but simply capitulating?

    At the bottom of all this is the big question: Does this relationship mean more to you than the things you are compromising on? That might be the question you need to be focusing on.

  • 15. Ina  |  November 14, 2007 om 7:18 vm

    Hey

    Ek probeer jou mail maar dit bly terug kom

    Ina

  • 16. Tersia  |  November 15, 2007 om 6:32 nm

    Sterkte, dink baie aan jou! Mail my, dan gesels ons! Weet net, nie een van daardie werkers het vir hom respek nie! As hulle kant sou moet kies, is almal vir jou!! Ander mense is gelukkig nie blind en doof nie!

  • 17. SHARKS  |  November 16, 2007 om 6:41 vm

    Feetjie baie geluk met jou nuwe werk, ek is baie bly vir jou part.

    Sy het gisteraand op mxit my laat weet sy het ander werk gekry, is baie besig, het nie tyd om te blog nie!!

  • 18. Dellie  |  November 16, 2007 om 7:23 vm

    Dankie vir die update, Sharks, ek het al gewonder wat van Feetjie geword het.

    Geluk Fairy-ding, mag dit vir jou die uitkoms bring waarna jy verlang. Sterkte!

  • 19. Bennie Boekwurm  |  November 16, 2007 om 11:47 vm

    Very Cool!! Alle sterkte met die nuwe Job!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

November 2007
M T W T F S S
« Oct   Dec »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930  

Most Recent Posts

 
%d bloggers like this: