My mense…

November 8, 2007 feetjieland

image001.jpgSkoonpa-hulle is terug huis toe, ek en Johan gaan elke aand deur die fakture , kwitansies, geld wat ingekom het, het nou ‘n kontantontvangste-boek, en ek voel sommer positief! As ek moet terugdink aan alles wat ek in my lewe deurgemaak het, hoe baie ek al gestress het, besef ek net weereens hoe genadig en groot God is, want alles het nog altyd reg uitgewerk vir my. As ek ‘n ander werk kry, weet ek nie waar ek die tyd gaan kry om te blog nie..want saans gaan dit my huishouding, kosmaak, kinders versorg, en dan die besigheid se boeke wees..en ek het julle almal nodig in my lewe, julle beur my op, praat my moed in en laat my spesiaal voel! Nadat Johan se pa gery het, dink ek aan familie…hoe bevoorreg ek is en hoe trots ek is om deel te wees van die Croucamp en Swanepoel-familie. Een ding was nog altyd, ons staan bymekaar. Ek het ‘n baie spesiale verhouding met my sussie en boetie. Wel, soos julle weet is my ousus my alles, my beste vriendin, ma ens.. En haar dogtertjies is vir my net so kosbaar soos sy. So gepraat van hulle, Mone is alweer top tien!! Geluk my meisie, ek is so trots op jou!!! My boetie het my gisteraand gebel en ek kon die bekommernis in sy stem hoor..besorg oor sy kleinsus. Dis vir my so kosbaar dat ons mekaar liefhet en vir mekaar omgee, my sussie en boeta is altyd daar vir my, ek kan hulle oggend-ure bel en hulle sal daar wees… Ons wil weet wat in mekaar se lewens aangaan, en ons voel saam met mekaar. Ons deel ons seer, blydskap en bekommernisse. Ek het kontak met my tannies en ooms, niggies en nefies.. Johan weer, ken nie eers al sy ooms en tannies, niggies en nefies nie. Hy het net kontak met sy tannie in Kimberley. Hy het drie sussies en hulle bel mekaar nooit. Het nie ‘n idee wat in mekaar se lewens aangaan nie. Dieselfde met sy ma, as hy een keer in 4 mnde met haar praat is dit baie. Daar is net nie ‘n band nie. En dis hartseer, want dis so kosbaar en beteken vir mens baie om te weet jy het ‘n ondersteunings-netwerk, jou mense wat vir jou omgee, vir jou bid, jou moed inpraat, raad gee.

Dankie Liewe Jesus vir my mense..

Entry Filed under: Uncategorized

2 Comments Add your own

  • 1. mona  |  November 8, 2007 om 8:23 nm

    Jip, ons is werklik bevoorreg. Nie almal deel ons band nie…

    If anything, this is Dad’s legacy…

    Ek bid vir more, Sussa!

    Love you..

  • 2. Kokkewiet  |  November 20, 2007 om 8:27 vm

    Ja Feetjie, familie is baie belangrik. Ek en my susters is net so na aan mekaar en praat elke dag met mekaar. Selfs ook met my neef, niggies en ook ooms en tannies.

    My familie het my staande gehou destyds met my egskeiding en ek weet ek sou dit nie sonder hulle en die genade van God kon doen nie.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

November 2007
M T W T F S S
« Oct   Dec »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930  

Most Recent Posts

 
%d bloggers like this: