Afhanklikheid…

November 7, 2007 feetjieland

Baie dankie vir julle almal se raad en gebede. So gesels ek gister met Johan se beste vriend, wat vir ons werk, Wynand. Ons kon hom nog nie sy salaris betaal nie en hy se toe vir my hy stress. Ek se toe, wel, self.. maar wat kan ek doen. Hy se toe ek sal beheer moet neem van die finansies en besigheid, want Johan kan nie met geld werk nie, niks wat ek nie weet nie. Hy ken vir Johan baie goed en weet hoe Johan is. Toe vertel hy my die rede hoekom Johan nie moeite doen in ons huwelik of enigsins luister na my raad nie,  omdat hy glo dat ek afhanklik is van hom en nie sonder hom kan klaarkom nie. Nauurlik het Wynand gevra dat ek nie vir Johan moet se hy het my vertel nie, maar sy voorstel is toe dat ek Johan moet laat verstaan dat ek nie afhanklik is van hom nie en hom voor ‘n ultimatum stel, wat ek toe ook doen.  Ek se toe vir Johan ek wil met hom praat, se vir hom as dinge aangaan soos wat dit aangaan, sal ons moet skei. Laat hom toe mooi verstaan ek gaan aansoek doen vir ander werk, hy weet ek het genoeg ondervinding in debiteure/krediteure en admin om vinnig ander werk te kan kry..se ook dat ek my eie bankrekening gaan oopmaak, sal ‘n gedeelte van die skuld betaal, res van die geld is myne. Ek wil van nou af elke dag die invoices en kwitansies he, gaan ‘n kontantontvangste-boek he, waarin ek gaan aanteken hoeveel geld inkom en uitgaan, en ons sal saam besluit wat met watter geld betaal word. Ek het vir hom gese ek kan ‘n goed genoeg werk kry met ‘n groot genoeg salaris om vir myself en ons kinders te sorg, en ek sal nie huiwer om dit te doen nie. Toe se hy al is ek finansieel onafhanklik is ek die tipe mens wat nie alleen kan wees nie…Om een of ander rede dink my man geen ander man gaan ooit in my belangstel nie???!!! Toe vertel ek hom dat daar ‘n rep is wat mal verlief is op my, die man weet ek stel nie belang in hom nie, punt is…ek glo nie ek sal nooit weer iemand ontmoet nie..volgende keer is dit dalk iemand in wie ek ook belangstel. Toe se hy vir my okay, jy wen, jy is die baas van nou af! Hoe kinderagtig! Toe se ek, ek is nie op ‘n “powertrip” soos hy nie, ek wil nie die baas wees nie, ons moet vennote wees en saamwerk..en aangesien ek beter met finansies en besigheidsbesluite is, voel ek net hy moet my raad oorweeg, en dit nie bloot afskiet, omdat hy my as sy mindere beskou en wil wys hy neem die besluite nie! Ons moet saamwerk aan ‘n toekoms vir ons kinders. Ek het met hom gepraat oor sy pa-hulle, hy sien my punt in..het sy pa gekonfronteer omdat hulle meubels koop maar nie ons geld terug gee nie, toe lieg sy pa homself vas en se dat hy net ‘n eetkamerstel met die geld gekoop het, toe se ek, maar Michelle het gese die eetkamerstel is met haar geld gekoop en nie die geld wat pa-hulle gaan leen het nie…?? Toe se hy ja, hulle het skuld betaal met die geld, hy praat uit twee monde. Wil nogsteeds he ons moet plan maak vir die petrolgeld, sy woorde: aangesien ons alreeds finansieel in die k..k is, gaan dit mos nie ‘n verskil maak as ons vir hom die geld gee nie???!!!!!! Hissy-fit!!!Toe se ek uhm, NEE, ons moet nou daaruit kom, so ons gaan elke sent omdraai! Toe stel hy voor ek verkoop my oefenfiets!!!! Hoe vermetel. Wel…so kom ons kyk of dit beter gaan van nou af…Hou asb nogsteeds aan met bid, ek doen nou aansoek vir ‘n debiteure/krediteure pos deur Perfekte Personeel in koerant geplaas..

Entry Filed under: Uncategorized

8 Comments Add your own

  • 1. SHARKS  |  November 7, 2007 om 10:41 vm

    Jou oefenfiets, het die fiets R50 000 gekos? Sy gat man!! Stuur hom maan toe met ‘n enkelkaartjie.

    Ek hoop regtig jy kry baie gou ander werk.

    Sterkte vir jou.

  • 2. boendoe  |  November 7, 2007 om 11:00 vm

    Die vermetelheid van mense! Ek is bly jy het nou vierpoot vasgesteek. Maar is jou man darem nou 100 % met jou? Gaan hy doen wat jy voorgestel het?

  • 3. Dellie  |  November 7, 2007 om 12:29 nm

    Mooi, jy het die eerste stap gedoen! Ek hoop jy kry daai werk. Sal duime vashou!

  • 4. lanaba  |  November 7, 2007 om 12:35 nm

    Ek is trots op jou vriendin – jy het die regte ding gedoen – dis die enigste way,nou moet hom net wys jy het alles bedoel wat jy sê en nie eenkeer lat slap lê nie….ek hou aan bid….jy sal sien dinge gaan nog mooi regkom.

  • 5. Ina  |  November 7, 2007 om 12:49 nm

    Hi Feetjie

    Hierdie is vir jou en somer almal wat hartseer of in die moeilikheid is. Ek het dit jare terug gekry by iemand wat saam met my gewerk het en het dit verloor. Ek het dit weer verlede jaar toe my pa oorlede is gekry.

    MAAK MY KALM, HEER

    Maak my kalm, Here.
    Laat my benoude hartklop tog
    bedaar… kalmeer my gemoed.
    Vertraag die dolle pas van my lewe –
    my lewe, so ‘n klein ratjie in die
    magtige gang van die tyd.
    U sien die spanning wat ek vir
    niemand anders wil wys nie, die
    bekommernis oor … waaroor tog alles!
    Maak dit stil in my, sodat my siel
    die musiek van die natuur kan hoor…
    En die skoonheid daarvan vrede
    binne-in my kan bring – dat my
    bewende hande kan saamvou, dat
    my gespanne spiere kan ontspan.
    Help my dat ek weer diep en
    onbesorge slaap kan geniet, met
    die wete en die kindelike geloof dat U
    sal sorg.
    Leer my die kuns om kort-kort tot
    rus te kom; miskien om ‘n beddinkie
    blomme te bewonder, om ‘n hond te
    streel, lekker te sit en lees… en
    om te lag en te speel met die wat ek
    liefhet!
    Maak my kalm, Here… dat ek nie
    In my so belangrike program die
    rêrig waardevolle dinge
    verbyjaag nie.
    Laat my opkyk, dat die besef
    van U grootse Ewigheid
    my kan oorweldig… my tot ‘n
    stadiger pas kan bring… en my
    U Vrede kan gee.
    Amen

    Stuur vir my jou email adres daar is iets wat ek vir jou wil aanstuur

    Ina

  • 6. Marina  |  November 7, 2007 om 1:26 nm

    Ek is BAIE bly om te sien jy staan jou man, en ek dink ander werk is ‘n SKITTERENDE idee.Dit gaan jou selfbeeld so ‘n boost gee dat jy jou man ook sal kan “handle”

  • 7. Eben  |  November 7, 2007 om 2:58 nm

    Dis nou goed en wel, MAAR is die ander werk nodig(?) in die sin gaan jy nie alles weggooi wat jy/julle saam opgebou het nie. Of lees ek jou verkeerd.

    Wie gaan nou die boeke doen? Wie gaan nou kontrole daar stel?

    En as jy di eander werk het, gaan jy steeds help?

  • 8. neykie  |  November 8, 2007 om 7:35 vm

    sterkte en ek bid vir jou,


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

November 2007
M T W T F S S
« Oct   Dec »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930  

Most Recent Posts

 
%d bloggers like this: