My Fnok!!!

November 6, 2007 feetjieland

Hulle het nie petrolgeld om terug te gaan nie, ons moet ‘n plan maak daarvoor! Verstaan hierdie mense nie ons het nie geld nie! Nou stel Johan voor dat hy vir sy pa ‘n werkie kry, soos verfwerk wat ‘n dag of twee gaan neem, en hy se nee, die idee van die week was dat hy en Michelle tyd saam spandeer!! Ek gaan ‘n hissy-fit kry!! Hulle het nie geld nie, maar sy rook van die duurste sigarette op die mark, hy koop elke dag vir haar 2 pakkies. Hulle vertel die heeltyd hoe hulle Johan se sussies gehelp het met geld, en Michelle se 2 kinders het by hulle gebly, maar ek en JOhan wat  hulle nog nooit ‘n sent gekos het nie, kan nie ons geld terugkry wat ons vir hulle geleen het nie. Gisteraand toe ek macaroni en kaas maak, vertel sy vir my sy maak dit met bacon en room en en en, ek se toe op die oomblik maak ek dit maar op die goedkoop manier, met mince, tamatie en kaas, en ek gooi groente by om dit meer te maak, toe trek sy haar neus op. Verrassing vir haar, vanaand eet ons french toast en wors!! Sy se hulle koskaste is vol , nou hoekom het sy niks saamgebring nie!!!! Ek is besig om dit te verloor, julle moet maar verskoon, hierdie girl het genoeg gehad..

Entry Filed under: Uncategorized

12 Comments Add your own

  • 1. wit perd  |  November 6, 2007 om 12:53 nm

    ag nee hulle kan mos nie so maak nie. Ek sê sit jou voet neer en basta met hulle!! as ek jy was maak ek nie eers wors vanaand by nie sommer net toast met jam!!!!!lol

  • 2. marat  |  November 6, 2007 om 12:57 nm

    Net jy kan jou situasie verander deur jou voet neer te sit.

    Sê net: “NEEEEEEEE!!!! Fnok, nee, nou’t ek genoeg gehad en dit kan nie so aangaan nie. Dis hoe dit nou gaan werk. If you don’t like it, fuckingwell feel free to leave.”

    Jy sal moet, anders gaan jy dit nie maak nie. Jaag die ander 2 weg, vat jou man vas en neem beheer oor die besigheid. Stel hom voor ‘n ultimatum. Dis nou jou kans om te maak of breek. Stilbly is nie ‘n opsie nie. Al is almal vir jou kwaad, IEMAND moet iets doen. Dit kan nie so aangaan nie. En jy is die enigste een wat iets kan doen.

    As jy nie iets doen nie, kan jy nie kla daaroor nie. Trek op jou pantaloon, adjust jou koeikappies en haal diep asem. Dan go jy hulle!

  • 3. SHARKS  |  November 6, 2007 om 1:28 nm

    Dit is jou huis, jou kombuis, jy is die kok, my spyskaart lees: TAKE IT OR LEAVE IT!! En hierdie reèl geld tot even vir my wat so vol nukke en grille is. Dit is nie ‘n vyfster hotel nie!! As jy dit dan nie like nie, klim in jou kar en fok huis toe en gaan vreet daar ‘n vyf gang maal.

    Presies as hulle kaste dan so vol is, hoekom het sy nie iets saamgebring nie, die lewe is so duur, die kos is vrek duur.

    SPYSKAART vir vanaand: twee snye brood met niks op nie, take it or leave it!!

    Feetjie sit daai voete van jou dwars neer en klaar!!

    Vat haar maag toe en gaan kak haar uit!

  • 4. neykie  |  November 6, 2007 om 1:44 nm

    julle kan darem lelik kwaad raak hier maar dis net soos sharks sè jy maak die kos en jy het daar voor betaal, as hulle nie tevrede is nie moet hulle maar beter kos op ‘n ander plek gaan soek.

    lus is ek nou vir macaroni en kaas(vir my is dit ‘n 5ster maal) wel watse kos is nie.

    nee wat dis jou huis en jy is baas daar!!!!

  • 5. unobastardo  |  November 6, 2007 om 1:56 nm

    Beter nog, moet glad ne kos maak vanaand nie. Klim in jou bed en sê jy voel siek en laat hulle self verder opsnork!

  • 6. die brein  |  November 6, 2007 om 4:50 nm

    Feetjieland, dis presies dieselfde raad wat ek jou sou gee wat MARAT jou gegee het, nee fok man CHARITY BEGINS AT HOME.My motto is SOMETIMES YOU HAVE TO BE CRUEL TO BE KIND!!!!!!!!Ek moes dit ook al met my eie suster en swaer doen wat net te lank by ons kom afpak het ek en sonder om werk te soek.Ek het hul summier die trekpas gegee, want veral die ou was te sleg om te werk, my suster het ook gedreig om selfmoord te pleeg.Baie gebruik dit om jou sag te maak en om jou skuldig te laat voel. Ek het toe vir haar gese moet ek vir jou `n 38 special leen of `n oordosis slaappille. Toe vloek sy my en se sy sal my wys, wel dis nou al sewentien jaar later en sy het die moegoe gelos en doen nou baie goed met haar naelbesigheid en het ook al twee boeke geskryf intussen.

    En wat jou man aanbetref skok hom op een of ander manier, veral wat jou fermheid en onwrikbaarheid aanbetref.Laat geld jouself.Vat hom prontuit aan oor sy slapgatgeit en charge die wetters vir elke keer wanneer hy op `n call gaan, niks is meer verniet in die lewe nie.Neem totale beheer oor.Baie op SSSB se blog neem my kwalik, my groot motto in life is “FUCK THE PEOPLE I AM THE PEOPLE.”

  • 7. boendoe  |  November 6, 2007 om 7:47 nm

    Feetjie, baie waar wat Marat se. Dit help nie om te kla nie, jy sal hulle, jou man inkluis, moet vasvat. En as hulle nie wil inval nie, val jy en jou kinders by die huis uit en los die warm patat daar! Sterkte, jong.

  • 8. wimpie  |  November 7, 2007 om 6:59 vm

    kan ek jou gou vir ‘n oomblik uitkak!
    okay vat dit soos ‘n man….

    gaan lees jou laaste twee inskrywings, dit drup letterlik van negatiwiteit, jy kan nie verwag positiewe dinge moet met jou gebeur as jy negatiewe dinge oor jouself predik…. nee my fok man, daar is net een persoon wat jou lewe kan verbeter jy kan bid, sing, dans en tekere gaan tot jy soos charlie chaplin lyk….

    NET JY KAN JOU HELP, NET JY KAN JOU OMSTANDIGHEDE VERANDER…..SO DOEN DIT…NOU….VANDAG

  • 9. Eben  |  November 7, 2007 om 7:32 vm

    Wel gedaan Wimpie en Die Brein!! (Wimpie sien jy lees The Secret – en ek ook!)

    Brein, so by-the-way ek like jou. Hou van jou kommetaar en dis my gevoel ook. NEEM BEHEER OOR JOU EIE LEWE !!

  • 10. lanaba  |  November 7, 2007 om 7:54 vm

    Ai my vriendin – maar dit is soos die ander sê – jy moet nou jou man staan,ja daar gaan n paar harde woorde wees in die proses,maar dis iets wat jy sal moet doen,ek bid vir jou en onthou een ding,jou kinders voel al hierdie dinge aan en dit ontstel hulle al lyk dit nie so nie….sterkte vriendin!!!!

    ♥ies
    xxx

  • 11. Ina  |  November 7, 2007 om 8:03 vm

    Hi Feetjie

    Dit is waar wat almal sê net jy en jy alleen kan dit reg maak.

    As ek jou goeie raad kan gee. Kry vir jou ‘n eie bank rekening en ‘n werk waar julle nie elke dag saam werk nie. My beste vriending se man het presies dit met haar gedoen en op die ou einde haar met al die skuld gelos en met ‘n ander vrou weg geloop. Vandag na al die jare was sy die skuld af betaal het en dit fantasties met haar gaan, sy besit 3 huise en verdien ‘n fantastiese salaris wil hy terug kryp.

    Ek bid dat dinge sal reg kom vir jou.

    En ja dit is soos Wimpie sê my motto is die lewe is wat jy self daarvan maak jy moet jou denk wyse verander na positiewe denke. Moet nooit sê ek kan nie. Jy kan alles vermag deur Jesus wat jou krag gee.

    Ina

  • 12. Dellie  |  November 7, 2007 om 8:08 vm

    Ek stem saam met die ander – JY is die enigste ene wat iets hier kan verander. DOEN DIT!

    En gee vanaand vir hulle elkeen ‘n glas water, en lees ‘n stukkie voor uit die resepte boek!😆


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

November 2007
M T W T F S S
« Oct   Dec »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930  

Most Recent Posts

 
%d bloggers like this: