Bid asb vir ‘n wonderwerk

November 6, 2007 feetjieland

fairy13.jpgEk dink  julle moet al moeg wees vir my gekla en negatiwiteit ..maar ek het julle gebede nou ernstig nodig..My lewe is besig om inmekaar te val. Ek is op ‘n punt waar ek besef net God kan my nou help. Ons besigheid is besig om te vou, ek wil dit nie oor ons belei nie, maar realiteit is, van Mrt tot nou, het ons vir net 2 mnde ‘n wins gemaak. Dis volgens my meestal a.g.v. wanbestuur. Omdat my man nie genoeg respek het vir my om my advies te neem nie, en maak soos hy wil. Eerstens, ons het van die begin af voorraad aangekoop by Parsons, ek het Johan mooi gevra om dit daagliks, of weekliks te betaal. Ons doen installasies vir hulle ook, so plaas hy my toe onder die indruk die installasies wat ons vir hulle doen, kanselleer die voorraad uit wat ons op krediet by hulle neem. Om een of ander rede, verkies hy dat hy invoices uitmaak uit ‘n invoice boek en dit dadelik vir die kliente gee, myns insiens moet ek die invoice by die winkel uitmaak en hulle kom haal dit hier. Nou gee hy die invoice boek net een keer ‘n mnd vir my sodat ek die invoices op ons stelsel kan sit. Die kliente betaal ook dan sommer by hom. Dus het ek nie ‘n idee wat met die finansies aangaan nie. Meeste mense bel hom op sy selfoon vir installasies, hy is permanent op sy selfoon. Volgens hom bank hy dan meeste van die geld wat inkom, met die res van die geld koop hy aan wat nodig is in die huis en betaal die voorraad wat hy aankoop om die installasie mee te doen. 3 Mnde nadat ons oopgemaak het, kom se hy vir my Parsons se rekening is R50 000 en hulle wil die geld nou he! Wel, ons het nie R50 000 gehad nie, ek is toe natuurlik woedend omdat hy dit laat ophoop het! Huidiglik staan dit R18 000, hy het hulle so bietjie-bietjies betaal.  Volgens my is dit waar die eerste probleem ingekom het. Tweedens, is meeste mense nie bedags by die huis, en vra dan of hy na 5 installasies kan kom doen, ek se hy moet ‘n ekstra fooi vra vir  na-ure, hy se dit bou sy naam op as hy dit nie doen nie. Wel, ons kan nie lewe van sy naam nie! Dan voel ek ook, as ons klaar ‘n installasie gedoen het, alles het perfek gewerk, die mense het geteken dat hulle tevrede is, en hulle het daarna een of ander verkeerde knoppie gedruk, of  die weer het die sein uitgeslaan, kan hulle wragtig nie verwag ons moet gratis uitkom en hulle foute regstel nie. Johan gaan soms 4 keer na dieselfde huis toe omdat die mans aan die drade gepeuter het, dan vra hy hulle nie ‘n sent nie! As wat fout is verband hou met die werk wat ons gedoen het, ja, maar as dit a.g.v. die mense is wat self gepeuter het aan die drade, of weerlig, of wat-ookal, voel ek hy moet ‘n call-out fee charge. Hy betaal R590 vir ‘n advertensie-bord op mense se huis se muur, by ‘n robot..dit terwyl ons ‘n finansiele krisis op hande het, nou se ek, flyers en tele-bemarking gaan vinniger geld inbring..maar hy wil die advertensie-bord laat opsit! Flyers is toe uiteindelik gedruk, maar dit le in die bakkie! In die 2 mnde wat ons wins gemaak het, het hy net spandeer, soos ‘n ryk man gelewe! Nou stress hy hom dood en alles word op my uitgehaal! Voor ons die besigheid gehad het, was Johan in die polisie, sy salaris het die medies, die huis en die kar gedek, my salaris die res, hy het daarop aangedring dat ons ‘n gesamentlike bankrekening het, en dat my salaris daar inbetaal word, ek het later uitgevind die rekening is net op sy naam. Wel, ek het nooit ‘n sent van my salaris gesien nie. As ek iets wil he, moet ek vra daarvoor. Aan die begin het ek ‘n begroting opgestel en ons het genoeg van alles gehad en alles was betaal. Toe begin ons baklei daaroor, want hy het arm grootgeword en wil darem sien waarvoor hy werk, as hy iets wil he, wil hy dit he. Toe vererg ek my en se dan moet hy maar die begroting opstel en die finansies hanteer. Ek moes dit nooit doen nie, want van daar af is dit een globale f..k..p! En as ek advies gee, of vir hom se ons kan nie nog skuld aangaan nie, vererg hy hom vir my en se ek is negatief. Hy wil uitbrei Kathu toe, maar ons het nie geld vir ‘n ekstra voertuig of om ‘n ekstra persoon in diens te neem nie, ons kan nie eers nou al ons skuld betaal nie, nou se hy ek is negatief. Hy wil kyk of hy kan geld leen en die nodige goed koop. Ek is so gatvol! As daar iets kort in die huis, raak hy woedend, ek bedoel hallo, die goed raak op, niks hou verewig nie. Ek rook ‘n pakkie sigarette ‘n dag en moet sy gat lek daarvoor, hy rook nie..moes selfs sy gat lek daarvoor toe ek ook ‘n inkomste ingebring het. Hy bly dit in my gesig gooi dat ek heeldag sit en niks doen in die kantoor terwyl hy sy gat afwerk, maar as die mense hier kom betaal en ek die invoices hier uitmaak en hy nie sy selfoon nr op die advertensies laat druk nie, gaan dit klaar baie van sy skouers afhaal, maar hy wil nie. Saans doen ek weer alles by die huis en hy sit. Ek het bitter min nuwe klere, my klere het ek by of my sussie of my skoonsussie gekry, my make-up en parfuums kry ek by my ma, dis testers van die apteek af. My dogtertjie se klere was my sussie se kinders s’n, my seuntjie se klere was my boetie se seuntjie s’n, bitter min is wat hy gekoop het. Maar sy klere is nuwe klere wat hy gekoop het. My toiletware, bodywash en room, moet ek deel met my kinders, hy kry sy eie. Sy pa en sy nuwe vrou, het probleme gehad, die vrou gaan toe na haar kinders toe, soos gewoonlik stuur sy pa toe smse om te se hy gaan elfmoord pleeg. Johan laat hom toe hiernatoe kom, hy het oggend-ure hier aangekom, die volgende oggend bel die vrou hom en hulle sorteer toe dinge uit, hy ry toe al die pad van Kimberley af Delmas toe, om haar te gaan haal. Sy pa-hulle het duisend rand by ons geleen, 4 mnde terug met hulle troue, ek en Johan het nie eers ‘n troue gehad nie, ons het in die pastorie getrou en niks gedoen na die tyd, geen partytjie, niks, want daar was nie geld nie. Hulle het vir hulle nuwe meubels gaan koop, sy spog by my oor hoe mooi hulle huis lyk, maar hulle het nie geld om ons duisend rand terug te betaal!! Met die bakleiery van sy pa en die se vrou, het hy veroorsaak dat sy haar werk verloor, het gese hy sal eerder sien dat sy in die tronk sit as wat sy ‘n ander man kry, bel haar baas toe en se sy het geld gesteel!!!! Nou wil hy sy werk bedank, Kimberley toe trek, vir 2 mnde op ons nekke kom le, want sy pensioen betaal eers na 2 mnde uit, en hier werk soek!! Gelukkig het ek die vrou gister daaruit gepraat en vir haar gese ons kan dit nie bekostig nie, en hoe my ouers hulle menswaardigheid moes prysgee deur Johan se vieslike houding, omdat hulle afhanklik is van ons. Alhoewel my sussie elke mnd geld inbetaal het, my boetie so nou en dan, om by te dra tot ons huishouding omdat my pa by ons bly, dan het my sussie nog R300 vir my pa self ook inbetaal. My ma was wel verkeerd omdat sy naweke vir Errol gesorg het, maar niks in ons huishouding bygedra het nie, maar my ma het ons in die verlede aan die begin van ons huwelik ook baie gehelp. Wel, gelukkig na die gesprek het sy gese daar is nie ‘n manier wat sy lewe vir ‘n pakkie sigarette, ‘n dak oor haar kop en kos nie. Sy is te trots en onafhanklik om in ander se oe te kyk, dan soek sy eerder werk daar en hy werk dubbel skofte by die myn, darem iemand met verstand! Gisteroggend het ek en Johan weer ‘n baklei oor sigarette, ek voel sy pa-hulle dra nie by nie, ons voorsien kos, hulle koop vir hulle sigarette, maar daar is nie geld vir my vir sigarette nie. Johan is maar oor die algemeen bombasties en dominerend, en het respek vir niemand nie, maar noudat sy pa hier is, is hy tien keer erger, praat vieslik met my. Ek verstaan hy stress oor finansies, ek ook, maar hy het ons hier laat beland. Asb julle bid vir ons, ons huwelik, die besigheid, finansies…al wat nou kan help is ‘n wonderwerk. Ek kan nie ons huwelik of die besigheid red nie. My geestelike lewe is glad nie wat dit moet wees nie, dalk ‘n groot rede hoekom dit so met my gaan..

Entry Filed under: Uncategorized

18 Comments Add your own

  • 1. wit perd  |  November 6, 2007 om 9:02 vm

    Hi feetjieland.
    Weet dat jy in my gebede is. Ek en manlief stry ook soms oor die finansies en partykeer sommer oor als. Ek dink dit is oor ons humeure dieselfde is ek weet nie wens ek het ook `n antwoord. Maar alle sterkte en voorspoed vir joe feetjieland

    wit perd….

  • 2. wit perd  |  November 6, 2007 om 9:05 vm

    sterkte

  • 3. skapie  |  November 6, 2007 om 9:06 vm

    voorspoed

  • 4. SHARKS  |  November 6, 2007 om 9:30 vm

    Feetjie my hart het amper gaan staan toe ek hierdie inskrywing van jou lees. Om in vandag se dae jou eie besigheid te wil hè is nie so maklik nie, dit is nie maanskyn en rose nie, ek weet waarvan ek praat, my skoonpa hulle het ook hulle eie besigheid, TRANSPORT, dit is nag!!

    Baie baie sterkte vir julle, en sal vir julle bid.

    Vergeet van daai advertensie bord, dit is ‘n mors van geld, maak flyers, adverteer, sit ‘n advertensie op egafrikaans. STERKTE.

  • 5. feetjieland  |  November 6, 2007 om 9:33 vm

    Hy het klaar die advertensie-bord laat opsit! Steur hom nie aan wat ek se nie!

  • 6. Marina  |  November 6, 2007 om 9:46 vm

    Feetjieland,eie besigheis is moeilik en man en vrou saam nog erger. Ek is in dieselfde posisie, en om finansiele ondergang te keer is die enigste raad:HOU BOEK EN REKORD VAN ELKE SENT WAT IN EN UIT DIE BESIGHEID GAAN!!!! Ons recon ELKE oggend die bank en ons stelsel en DIT MOET KLOP!!
    Ek dink aan julle en hoop van harte dat dit beter sal gaan!

  • 7. feetjieland  |  November 6, 2007 om 9:54 vm

    Dit was my voorstel van die begin af Marina, maar hy se hy het nie tyd om die geld elke oggend te recon en te gaan bank nie, ek weer, het nie vervoer nie, en is alleen by die winkel, so ek kan ook nie geld gaan bank nie. Voel vir my of hy elke verskoning soek sodat ek nie moet weet wat in ons finansies aangaan nie.

  • 8. neykie  |  November 6, 2007 om 10:18 vm

    dis erg genoeg om dit te moet lees, hoe dit moet voel om dit eerstehands te ervaar moet erg wees. Ons het so paar maande terug gedink ons besigheid gaan vou, ons het leweraar/verskaffer 2milj geskuld, maar vandag het ons een of ander manier dit al darem verminder-en vir die eerste keer in ons 10bestaansjaar 1milj geinvioce.

    Sterkte julle sal hier deur kom, daar moet eenvoudig boekgehou word van elke sent….

    Sterkte

  • 9. lanaba  |  November 6, 2007 om 10:35 vm

    Ai vriendin en ek dink heeltyd dit gaan goed met jou – ek is jammer om te hoor van al hierdie dinge,ek bid vir julle en ek glo in my hart alles sal uitwerk….Ek voel sommer nou bitter hartseer vir jou.

  • 10. Eben  |  November 6, 2007 om 10:37 vm

    Soos jy weet is ek in ‘n finansiële beroep, en Marina het die beste raad. Daagliks(!) moet daar geklop word. Geen verskonings.

    Wens jy was nader aan Tzaneen dan kon ek GRATIS my hulp aan julle verleen het tot alles opplek geval het.

    Maar sterkte met alles.

  • 11. boendoe  |  November 6, 2007 om 10:51 vm

    Ou Fairy, ek dink nie daar is raad om in ‘n kort comment te gee nie. Om rande en sente te tel, is nodig, maar as jy en jou man nie kan saamwerk nie, gaan dit nie werk nie. Is die onderliggende probleem nie omdat julle nie as vennote saamwerk nie? Dit help nie JY bekommer jou dood en wil noodmaatreels toepas, en jou man stel nie belang nie en wil sy eie ding doen. Is daar enigsins ‘n kans dat julle sal kan sit en gesels en tot ‘n vergelyk kom?

  • 12. platterfuss  |  November 6, 2007 om 11:10 vm

    Eish…. jy het my nou tot in my siel geruk!

    Al wat ek kan sê is ongelooflik baie sterkte….

    En ‘hou boek’ van alles… letterlik ALLES!!!

    En moenie jouself blameer nie….. no ways!!!!!

    (((((((((Feetjie))))))))

    HOU NET MOED!!!!!

  • 13. feetjieland  |  November 6, 2007 om 12:22 nm

    Al waarvoor ek myself kan blameer is dat ek lekker kos saam met hom geeet het, saam gebraai het en gekuier het..en dat ek nie vroegtydig vir my pa ‘n begrafnispolis uitgeneem het nie, want dit het ons ook R13 000 gekos.

  • 14. feetjieland  |  November 6, 2007 om 12:27 nm

    En of ek nou saam gebraai het, of my eenkant gehou het, saam lekker geeet het, of gekyk het hoe hy eet, doen sou hy dit doen.

  • 15. René  |  November 6, 2007 om 12:54 nm

    Ai Feetjiemens! Julle is in my gebede! Ek dink jy weet en ons almal weet, maak nie saak hoe hard jy op eis gaan stoei nie, as Johan nie saam met jou aan hierdie probleem werk nie – is dit soos om ‘n wind in ‘n parfuumfabriek te los!

  • 16. Dellie  |  November 7, 2007 om 7:53 vm

    Hou moed, Fairy-ding, ons bid vir julle. Ek weet presies hoe moeilik dit is om in vandag se tyd jou eie ding te doen.

    Maar ek moet aansluit by die ander, daar MOET boekgehou word van elke liewe sent. Ek adverteer bv eerder in die classifieds, dis goedkoop, en ek kry goeie reaksie daar. En pamflette werk beslis, mense hou dit totdat hulle jou diens benodig.

    Sterkte!

  • 17. hexi  |  November 7, 2007 om 9:57 vm

    Hey maiki, baie sterkte en ek dink aan jou en bid dat Jesus sal intree. Onthou net, as di nood op sy ergste is, is die uitkoms naby. Dis afgesaag maar so waar. Ek sê dit gereeld vir myself en dan raak ek opgewonde want ek weet dit gaan een van die dae beter gaan, en dan kom da nog wraggies mense wat REGTIG omgee ook jou padlangs! Sterkte vriendin…

  • 18. enkeling  |  November 30, 2007 om 12:00 nm

    Hi Feetjie
    Ek ken die gevoel. Hoop jy bly staande en wees sterk. Het jy al oorweeg om met ‘n berader te praat.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

November 2007
M T W T F S S
« Oct   Dec »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930  

Most Recent Posts

 
%d bloggers like this: