Ek voel spesiaal

November 5, 2007 feetjieland

ekke.jpgBaie dankie vir almal se gelukwensings… ek het so spesiaal gevoel gister, het so baie smse gekry, familie wat gebel het, veral aan my pa se kant.. het my net weereens laat besef, mens het nie baie geld, groot geskenke, of ‘n vreeslike “party” nodig om spesiaal te voel nie, net die wete dat daar mense is wat omgee, is genoeg. Ek was Saterdag toe by die Dr, dit was maaggriep, en hy het vir my Augmentim antibiotika, sulke massiewe pille, en kortisoon-pille panafcort en andolax spray voorgeskryf. So ek het teen Sondag baie beter gevoel. Ons het gepotjie, Johan se pa-hulle en my ma-hulle was daar, Calista het vir my blommetjies gepluk, Marko het vir my Happy Birthday to do, hehe, gesing, dit was so oulik. Man-lief het darem vir my fyn pienk blommetjies , in ‘n potjie, wat ek kan water gee en versorg, sodat hulle lekker lank kan hou, gekoop.

Baie dankie vir julle, elkeen van julle is vir my spesiaal en laat my so spesiaal voel…

Entry Filed under: Uncategorized

7 Comments Add your own

  • 1. SHARKS  |  November 5, 2007 om 10:41 vm

    Bly jy het jou dag toe geniet. Ek sit hierdie kant ook met maaggriep al van laasweek Woensdag af, ek is tot die dood toe moeg!! Maar tyd vir rus en “siek” wees is daar nie. Geniet die res van jou dag.

  • 2. Dellie  |  November 5, 2007 om 11:58 vm

    Dis darem waar wat jy sê, ‘n groot do is nie nodig om dit spesiaal te maak nie. Ek is bly dit was lekker.

    Die maagvirus ding is lyk my oral. ‘n Paar studente het ook al geval met hom die afgelope week. Hoop maar dit bly my gespaar!

  • 3. lanaba  |  November 5, 2007 om 12:19 nm

    Ek is bly jou verjaarsdag was spesiaal.
    Jy is n spesiale mens en n wonderlike vriendin.Sterkte met die maaggriep….

    ♥ies
    ekke

  • 4. Sonstudio  |  November 5, 2007 om 12:49 nm

    Baie geluk met jou verjaardag gister, Fairy!
    Baie bly jy het darem al beter gevoel!
    My wens vir jou vir die jaar wat voorlê: Dat dit ‘n avontuur is!!
    xx

  • 5. KruidjieRoerMyNie  |  November 5, 2007 om 2:00 nm

    Bly dit was lekker. Niks aakliger as ‘n droee ou verjaarsdag nie.

  • 6. mona  |  November 5, 2007 om 8:24 nm

    Hey Girlie!

    Dis omdat jy so spesiaal is dat almal vir jou omgee…

    Hoop jou magie is al beter… lol

    Love you!

  • 7. mona  |  November 5, 2007 om 8:27 nm

    Hey Sussa!

    Dis omdat jy so spesiaal is dat ons nie anders kan as om vir jou lief te wees nie…

    Hoop jou magie voel al beter. lol

    Lief jou!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

November 2007
M T W T F S S
« Oct   Dec »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930  

Most Recent Posts

 
%d bloggers like this: