November-Blues

November 1, 2007 feetjieland

nature.jpgNovember…my en my pa se verjaarsdag-maand. Om een of ander rede, murphy’s law, seker maar, het ons altyd een of ander finansiele krisis in November, so geld om iets lekker te doen, is daar nie. En soos julle weet is Johan nie ‘n pro in om my spesiaal te laat voel nie. Maar hierdie keer het ek vir hom gese, ‘n geplukte blommetjie en self-gemaakte kaartjie is vir my net so goed soos gekooptes…dis die idee wat tel. Kom ons kyk of hy dit hierdie keer kan reg doen, lol…vorige verjaarsdae het ons altyd baklei omdat hy nie moeite doen om dit vir my spesiaal te maak nie. Ek is bederf in daardie opsig, deur my ouers, hulle het altyd uit hulle pad uitgegaan om ons verjaarsdae spesiaal te maak…dis jou dag, waarop jy bederf word en spesiaal voel. Johan aan die ander kant, het nooit daardie voorreg gehad nie, so ek verstaan half, verjaarsdae is nie vir hom belangrik nie. Dis vir hom ‘n gewone dag soos al die ander. Alhoewel ek die afgelope 5jr uit my pad uitgegaan het om dit vir hom spesiaal te maak, is dit vir hom maar om te ewe, dis maar net nog ‘n dag, sal hom nie pla as ek niks doen nie. Die laaste keer wat ek my pa gesien het was laas jr op my verjaarsdag….dit was so kosbaar, hy het soontoe gekom vir die naweek, vir my ‘n scrabble-bord, waaraan hy weke gewerk het, self gemaak – met sy hande, vir my gebring.  My kosbaarste geskenk ooit!! Ons verjaar ‘n wk uitmekaar, ek die 4de, my pa die 12de……maar nou is dit net ek. Ek mis hom…wie gaan ek bel op die 12de…? Ek gaan hom nie sien of sy stem hoor op my verjaarsdag nie…

Entry Filed under: Uncategorized

12 Comments Add your own

  • 1. neykie  |  November 1, 2007 om 7:45 vm

    ek en jy deel darem een ding die selfde verjaarsdag maand…. en ek word 21.

    Geniet dit.
    Jammer dat jy nie jou pa kan bel nie, maar ek is seker dat as jy net saggies fluister “geluk met pa se verjaarsdag” sal die pyn dalk minder wees??

  • 2. SHARKS  |  November 1, 2007 om 8:00 vm

    Feetjie jy het hierdie Sharks se nommer jy mag my maar bel die 12e al verjaar ek nie, as dit jou beter sal laat voel. Neykie praat waar, fluister vir jou pa, hy sal jou hoor.

  • 3. boendoe  |  November 1, 2007 om 9:58 vm

    Die eerste “herdenkings” is altyd moeilik. Sterkte.

  • 4. Suz  |  November 1, 2007 om 10:01 vm

    Feetjie

    Daardie 1ste verjaarsdag,kersfees is altyd erg nadat iemand spesiaal nie meer daar is nie, maar dit word beter en mens leer om daarmee saam te leef. My Pa is in Feb oorlede en op 13 Jul sou dit sy 70ste verjaarsdag gewees het, dit was vir my baie erg en ek het na sy graf gegaan en daar vir hom gaan sê geluk met sy verjaarsdag. En ek bid elke dag en vra vir God om asb net vir my Pa te sê ek bly nog lief vir hom al is hy nie meer daar nie. Daar gaan nog baie dae kom wat die hartseer en verlange jou gaan oorval. Ek het dinsdagaand die DVD van my Pa se begrafnis gekyk en ek moet sê dit het baie wonde weer oop gekrap hoor.

    Sterkte vir jou en hoop van harte dat jou verjaarsdag spesiaal gaan wees, sharks het my nr jy is welkom om my ook te skakel as jy so voel op jou Pa se verjaarsdag.

  • 5. platterfuss  |  November 1, 2007 om 10:40 vm

    ((((feetjie))))

    Hy SAL by jou wees…. en gesels met hom! Hy sal jou antwoord…. hou net jou oë en ore oop…. Hy was te lief vir jou, sal jou nie alleen los op die spesiale dae nie!!!

    E

  • 6. Dellie  |  November 1, 2007 om 10:48 vm

    Dis ook asof ek my ma ekstra mis op haar verjaarsdag. Maar sing gerus vir hom Happy Birthday, ek vind dit laat MY beter voel?

  • 7. Eben  |  November 1, 2007 om 11:14 vm

    Dis altyd daardie eerste, met alles.

    Sterkte met alles, ek het nie woorde van vertroosting nie!

  • 8. sonkind  |  November 1, 2007 om 6:15 nm

    Laat ons skerpioene dan maar saamtstaan, Feetjie.

    Ek het die 17de skree skree die wêreld ingeval😆

  • 9. Sonstudio  |  November 1, 2007 om 8:45 nm

    Praat met hom – enige dag. Ek is seker hulle hoor alles wat ons vir hulle sê!

    Ja, ‘n mens wil darem bietjie bederf word op jou b’day, né!

  • 10. mona  |  November 1, 2007 om 9:37 nm

    😥

  • 11. die Brein  |  November 1, 2007 om 9:54 nm

    Feetjie ek stem met die ouens hier , praat met hom asof hy daar is, asof hy jou hoor en sien.Maar doen dit wanneer jy alleen is en sommer terselfde tyd jou hart kan uithuil.

    Hoe om jou te troos weet ek nie, dankie Here albei my ouers lewe nog.Ja ons moet hulle waardeer terwyl hulle nog daar is.

    Ek hoop jy word uitsoderlik bederf Sondag.

  • 12. Johan Swarts  |  November 5, 2007 om 12:02 vm

    baie geluk🙂


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

November 2007
M T W T F S S
« Oct   Dec »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930  

Most Recent Posts

 
%d bloggers like this: