Vloermatjie of Vennoot?

Oktober 29, 2007 feetjieland

fairy11.jpg“n Soentjie aan almal van julle om dankie te se dat julle daar is vir my, vir al julle liefde ondersteuning en raad..Ek het baie gedink die naweek…oor hoe ek optree in ons huwelik..wel, my slotsom was, ek is ‘n goeie vrou. Ek is “fun”, kla nooit as hy wil braai of vriende wil oornooi om te kuier, as daar rugby is en hy nooi sy vriende oor, maak ek ‘n skinkbord vol snacks, ek kyk saam rugby en skree net so hard. Ek maak slaaie vir die braai, versorg my kinders, gesels met almal, speel saam darts..het nooit ‘n probleem as hy gekuier raak nie, en gee nie om as mense kuier tot oggend-ure of selfs oorslaap nie. Ek is nie vol fieterjasies nie, hou van kamp, sonder geriewe..visvang, doen alles saam wat mans as “fun” beskou. Ek is intelligent , hy hoef nie vir my te skaam nie, ek kan ‘n intelligente gesprek voer met enigiemand. Ek het ‘n goeie sin vir humor… Ek is goedversorg, altyd gegrimeer, ruik altyd lekker, is skoon en netjies, my naels en toonnaels is altyd goed versorg, my huis is altyd skoon..ek doen alles vir my kinders, hy het van baba-tyd af nog nooit nodig gehad om te help met hulle versorging nie. Ek kan lekker kos maak, bedien hom ook van kop tot tone, hy sit en ek dra alles agter hom aan. Ek kielie sy rug elke aand, tot hy slaap, massage hom baie keer, dra medisyne agter hom aan wanneer hy siek is…ek gee baie drukkies en soentjies, komplimenteer hom gereeld, se baie vir hom ek is trots op hom omdat hy so hard werk, en seksuele toenadering..kom meestal van my kant af…ek is nie mooi nie, maar ek is sexy..baie sexy..,  en ek weet hoe om ‘n man opgewonde te maak. So praat ek toe nou met hom oor dit gisteraand, vra vir hom waaroor hy ongelukkig is met my in ons huwelik…oor bg goed kon hy natuurlik nie kla…sy probleem met my is…ek argumenteer te veel met hom, ek aanvaar nie net as hy ‘n besluit maak nie..ek doen nie soos hy se nie..Wel, daar besef ek toe weereens, hy sien my nie as sy vennoot nie. Hy sien my as een van sy kinders en sy vloermatjie, hy beveel my ook soos wat hy ons kinders beveel..en verwag ek moet, soos ‘n kind, sonder om terug te praat, maak soos hy se. en dis presies hoe sy pa sy ma behandel het. Maar sy ma is nie baie intelligent nie, so ja, sy het baie leiding nodig gehad…Ons het die gesprek gehad voor ons getrou het, ek het vir hom gese ek sien ‘n huwelik as ‘n vennootskap, as hy iemand wil he wat gaan ja en amen op alles wat hy se, het hy nou die verkeerde vrou beet..ek het ‘n verstand, ek het ‘n opinie..en ek beskou myself as sy gelyke,  nie sy onderdaan! En wragtig, na 4 jr, behandel hy my soos sy onderdaan, sy vloermatjie en praat hy met my asof ek ‘n kind is! Dit terwyl ek 4jr ouer is as hy, meer intelligent, ek maak baie beter besigheids-besluite en wat finansies aanbetref is hy onverantwoordelik en spandabelrig..ek mag niks se daaroor nie, maar wanneer hy stress omdat hy te veel skuld gemaak het, geld gemors het, nie weet hoe om daar uit te kom nie, moet ek en die kinders aan die kortste end trek, en word sy stress op ons uitgehaal! Ek is gatvol, ek is nie ‘n vloermatjie nie, ek is ‘n vrou, sy gelyke, enigiemand se gelyke, met ‘n gesonde verstand…en as ek sien jy jaag nonsens aan, sal ek nie my mond hou nie! Ek is oor ‘n week 29, ek is nie ‘n kind nie! Ek is so gatvol vir sy power-trip, want dis wat dit is, hy is die baas, almal moet hom gehoorsaam…ek wil nie meer nie, ek is nie meer lus om aan my huwelik te werk nie, ek is nie lus om verder moeite te doen nie, want ek kry niks terug nie. Ja, nou raak ek selfsugtig, ek is moeg vir gee en gee en gee en niks terugontvang nie..Ek is ‘n goeie ma en goeie vrou, ek verdien dit om wardeer en met respek behandel te word!!!!

Entry Filed under: Uncategorized

18 Comments Add your own

  • 1. SHARKS  |  Oktober 29, 2007 om 8:43 vm

    Feetjie join the club, ek is ook maar net’n vloerlap, skroplap, wit meit in die huis, ek myself sorg dat ek altyd netjies lyk, grimering, en al die ander dinge, maar nee meneer sien my nie raak nie, sit net altyd bakhand en wil net ontvang, van die oggend tot die aand, altyd net aan die ontvang kant, gee niks terug nie, ons het ook die naweek ‘n helse uitval gehad, ek gaan nie in detail daaroor chat nie, dit is my privaat en persoonlike dinge wat ek by die huis los as ek in die oggend daar uitloop, los ek al my probleme net daar. Feetjie ek is met ‘n bombasties bliksem getroud, hy is altyd reg. Ek staan ook gereeld reg vir SY vriende onthaal, kos maak, tot wie weet hoe laat rondhol om drank aan te dra vir almal, alleen al daai berge en berge skottelgoed te was, vriende wat kom oorslaap, dan moet ek weer baie vroeg reg staan met ‘n plaas ontbyt ek mag nooit kla nie, ek het my jare lange vriendin jare laas gesien omdat die lewe net om my man, sy familie en sy vriende draai. Ek wou gister oggend dam toe ry, HARTIES toe, net om uit te kom, toe besluit hy die deure moet varnish kry, die venster moet weereens gewas word, ek het my gat afgewerk en net so bliksem hard aan die suip gegaan, net om te kan vergeet ek is ook maar net mens, met my eie behoeftes, dit het gewerk want ek kan nie veel onthou van wat gistermidddag alles gebeur het nie, ook maar goed so. Feetjie baie sterkte vir jou, ek dink aan jou.

  • 2. lanaba  |  Oktober 29, 2007 om 9:26 vm

    Jis vriendin – dis swaar post van jou vandag – ek dink aan jou….weet jy ek is nou 2maande getroud en ek dink elke dag aan dit wat hy nou hier geskryf het – sê nou maar ek kom dit ook oor,ek wonner – is dit after wedding blues of wat…ek dink ek is gelukkig of dit voel so…ek dink aan jou heeldag en ek hoop jy vind die regte oplossing.

  • 3. Loer  |  Oktober 29, 2007 om 9:56 vm

    Feetjie, ek weet presies waarvan jy praat. Ek is nou al 20 jaar getroud met so ‘n diktator. Daar word met my gepraat asof ek ‘n bediende is. Ek het al gehoor ek is net so sleg soos die bediende…. Ek moes 9jr terug ophou werk agv kinders, ons kon dit toe bekostig. Vandag moet ek aanmekaar hoor ek spandeer sy geld en dat ek te sleg is om ooit ‘n werk te kan kry…. Ek het geen selfbeeld en selfvertroue nie en buitendien is ek net goed genoeg om ‘n stortingsterrein te wees. Hy het geen respek vir my nie, vloek, skree en gaan altyd te kere, maar laat ons nou voor ander mense wees… die ene liefie diefie! Ek glo net dat ek nie daarvoor hoef verantwoording te doen nie! Omdat ek nederig is, beteken nie hy kan my vertrap en verskree nie… maar ek het nie die guts om terug te praat nie, dit vererger die gevloek net….
    Sterkte, ek dink aan jou!

  • 4. boendoe  |  Oktober 29, 2007 om 10:40 vm

    Ai, Feetjie, ek wil net pleit dat jy nie net moet tou opgooi nie. Gaan kry professionele hulp, as dit moet. Dink baie mooi oor alles. ‘n Egskeiding is ‘n baie traumatiese ding. Ek wens dit nie my grootste vyand toe nie, wat nog te se vir jou.

  • 5. Tersia  |  Oktober 29, 2007 om 11:23 vm

    Dis gewoonlik die een wie die naaste aan jou is wat jou die seerste maak! Aanvaar jou as vanselfsprekend en gee nie om wat en hoe dinge voor jou gese word nie! Sterkte! Dis ‘n pad wat baie vroue loop met seer wat baie diep le!! Gewoonlik weet min mense daarvan, want dit word diep weggesteek…!

  • 6. sonstudio  |  Oktober 29, 2007 om 11:44 vm

    Feëtjie, ek stem saam met Boendoe. As jy lief is vir jou man, gaan sien iemand wat julle kan help.
    Sterkte, vriendin. Ek dink aan jou!

  • 7. Dellie  |  Oktober 29, 2007 om 12:17 nm

    Ek voeg hiermee ook my stem by Boendoe en SS. Gaan kry eers hulp en kyk of julle dinge kan uitwerk.

    Ek meen, mens gooi nie vier jaar sommer net so weg nie. En daar is kinders ook betrokke, onthou, op die ou end is dit hulle wat die seerste kry met ‘n egskeiding. Miskien gaan sy oë tog oop en besef hy wat hy aan jou doen. Ek hoop van harte so, want jy klink na ‘n vrou vir wie enige regdenkende man sy voortanne sal gee!

    Nota aan self: Moenie vir Liefie aan Fairy voorstel nie! (grappie hoor!) ((Fairy))

  • 8. platterfuss  |  Oktober 29, 2007 om 12:23 nm

    Eish Feetjie!

    Ek wens ek het geweet wat om te sê wat sal kan help! Maar mense, sorry, terapie help nie vir sulke mans nie! GLO MY! Ek was met een getroud!!!

    Maar… who knows! Wonderwerke gebeur nog!

    Feetjie…. byt vas! Jy’s sterk, jy kan en gaan hierdeur kom, which ever way!

    (((Feetjie)))

  • 9. maeree  |  Oktober 29, 2007 om 1:18 nm

    almal van ons het dinge wat onafgehandel is, goed wat ons nog moet leer, dinge uit ons kinderdae wat ons nog moet verwerk.
    om seker te maak ons groei en word die volle mens wat ons bedoel is om te wees, is ons geskape om met dié een te trou wat ons gaan help om al ons issues af te handel. ongelukkig beteken dit nié dat ons trou met iemand wat soos ons is nie, maar juis die teenoorgestelde: ons trou met iemand wat ons dwing om ons issues te face, sodat ons kan heel word. (dis bv hoekom ‘n diktator met ‘n hardkoppige sal trou, en nié met die voor die hand liggende vloerlap nie.)

    die keuse is dan: stick with it, leer die tools wat jou kan help en groei, of begin van voor af dieselfde proses met iemand anders.

    ek het ongelooflike deernis met elke vrou wat soos ‘n vloermat behandel word, want ons is almal beter as dit – jy is geskape na die beeld van God, dammit!

    wat ek met hierdie hele relaas probeer sê, is: kyk of jy ‘n “imago” terapeut kan opspoor. dit beteken nie daar’s fout met jou huwelik nie. dit beteken wel dat jy verantwoodelikheid neem vir jouself en vir jou liefde, dat jy besluit om die tools te leer wat julle albei sal help.

    sorry as ek preachy klink. sukkel bietjie om my mooi uit te druk vandag. en ek weet dag dit soms help om gewoon net vir ander te vertel van jou frustrasie!

  • 10. Tigerlily  |  Oktober 29, 2007 om 1:28 nm

    Fairytjie, Sharks, Lanab…Dat vrouens sulke mans moet verduur, laat my maag draai. Om elke dag so te lewe is nie ‘n lewe nie. Hoekom voel ons vrouens dat ons MOET bly? Maak dit van jou ‘n goeie vrou? Is jy dan ‘n beter mens? Ek wil nou nie stir nie, maar ek voel skoon ontstig. Geen vrou verdien dit nie. Ek dink ons moet ‘n ondersteuningsklub begin vir vrouens landwyd. Dis oor ons nie met mekaar praat nie, wat hierdie goed net aangaan. Mens verloor perspektief en dink dit gaan maar so met almal. Vrouens moet net begin opstaan vir hulself, dit verrig wondere! Respekteer jouself eerste. Dink aan die voorbeeld wat jy stel vir jou eie kinders.

  • 11. boendoe  |  Oktober 29, 2007 om 1:53 nm

    Tiger, as ‘n man ‘n vrou fisies of psigies mishandel, dan ja, maak ‘n breuk. Of Fairy se man haar mishandel, ek weet nie. Het dit nog nie so opgetel nie, maar kan verkeerd wees.
    Net Fairy (en haar man) weet wat regtig in hul huwelik aangaan. Ons elkeen gee “raad” uit ons verwysingsraamwerk, maar dis dalk nie van toepassing op hulle nie. Al wat ek voorstel, is dat, as daar nie mishandeling plaasvind nie, as dit net ‘n gatvol-gevoel is, om nie oorhaastige besluite te neem nie. Die groen gras aan die ander kant van die draad is nie altyd so smaaklik nie.

  • 12. die brein  |  Oktober 29, 2007 om 8:06 nm

    Hi Feetjie

    Wat moet ek se oor ons mans geslag, mens is altyd geneig om te veralgemeen.En se alle mans is so of alle vrouens is so.Maar ek kan jou of julle skoner geslag beloof dis nie so nie. Ek het twee swaers aan my vroue se kant van die familie.Ons was vroeer jare baie goeie vriende, maar die een het ontaard in `n absolute bullebak, `n vroueslaner en `n moerse drinker en noem vrouens alles wat sleg is in die lewe, terwyl hy `n vetvark is met drankprobleem en verskreeu ooksy kinders veral die dogters en hy het`n obsessie oor blonde vrouens.Die ander een was weer oraait, maar hy is vandag stinkryk en het ook ontaard in `n tipe yuppie en lewe sy eie lewe, met jag, motorfietse en visvang, terwyl sy vrou kinders moet grootmaak en huishou. Hy is weer so dat hy glo `n vrou is ondergeskik en haar plek is by die huis, want hy is die broodwinner en geldmaker, maar ja hy gee baie vir haar.Maar hulle doen elk hul eie ding.Nooit meer saam nie.

    Ek en my vrou weer is meeste van die tyd saam, doen alles saam, gaan eet baie uit, inteendeel dis ons hobbie.Ons het gesamentlike vriende.Gaan doen shopping saam,besoek vlooi en kunsmarkte saam. Doen saam decoration (binnehuiseversiering) in ons huis.Hou van die selfde dinge.Is soveel moontlik intiem.Ons is al 22 jaar getroud en ja soms gaan sy haar way en ek myne met hengel of basshengel.Maar my vrou is my alles die een saam met wie ek wil oud word tot die dood ons skei.Besluit maar wat vir jou die beste gaan wees.

    Hallo Boendoe en sterkte sharks.

  • 13. Dellie  |  Oktober 29, 2007 om 8:22 nm

    Fairy, het jy al gaan luister na SS se songs? Gaan luister weer: http://www.myspace.com/soniasinclair miskien troos dit jou?

  • 14. Mona  |  Oktober 29, 2007 om 10:29 nm

    My Sussie… wat moet ek sê wat nog nie gesê is nie? Ons is almal produkte van ons grootwordjare en soms is dit net gemakliker om terug te sit en van ander te verwag om jou te aanvaar soos jy is – wetende dat daar skuurwerk gedoen moet word. Hoe bring mens so boodskap tuis by iemand? Berader? Onpartydige een miskien, maar daar is ‘n hele paar bevooroordeeldes in die omtrek, of hoe?

    Op my knieë gaan dan eerder, want daardie twee klein kaboutertjies verdien ‘n gelukkige huis – nie ‘n huis waar ouers bymekaar bly ter wille van die kinders nie. Dit doen soveel meer skade…

    Ek is so lief vir jou en wil jou gelukkig sien..

    Julle ander vriende wat Feetjie nie persoonlik ken nie, sy is eenvoudig die interessantste, passievolste mens en vet pret! Sy is my kleinsus ja, maar ek is eenvoudig gek oor haar. Never a dull moment!! Glo my!!

    Ek dink aan jou, Jillybean…

  • 15. boendoe  |  Oktober 29, 2007 om 11:07 nm

    Hallo Brein, bly jy onthou my nog!

    Mona, ek glo jou ondersteuning is goud werd vir Fairy! Jy klink na ‘n bakgat ousus!

  • 16. Eben  |  Oktober 30, 2007 om 4:59 vm

    Soe (!!!) dis wild. Ek stem saam met Brein, Dellie en SS, gaan sien iemand … en red daardie huwelik, al is dit terwille van die kinders. Op die einde is dit hulle wat seer kry en nie julle twee. Soos Steyn (my seun) eendag vir my sê toe ons gesels oor kinders in die skool wie se ouers geskei is, toe noem/vra hy “… pappie maar dit verwoes die kins se lewe?” Ek is geneig om saam te stem.

    Mona … dis pragtig dat jy so by jou Suster staan. Maar so belangrik, om op mens se kniee te gaan en bid vir leiding.

    Brein, jou laaste paragraaf is die spieël van my eie huwelik. Soms gaan dit ook wild, omdat in elke huis daar iemand is wat die leiding neem, hetsy man of vrou. Maar die belangrikste is respek. As mens dit eers verloor het, is dit nag.

    My beskeie raad … Sterkte ek dink aan jou en jou gesin in my gebede.

  • 17. Suz  |  Oktober 30, 2007 om 7:10 vm

    Feetjie, al wat ek kan sê is dat ek vir jou sal bid dat alles ten goede sal uitwerk. Ek kan die Vader nie genoeg dank vir die wonderlike man wat Hy vir my gegee het nie.

    Sterkte vir jou!!!

  • 18. sonkind  |  Oktober 30, 2007 om 1:36 nm

    Ter wille van kinders kan ook soms te n koste van kinders word. Geen kind is gelukkiger in ‘n ouerhuis met twee ouers waar daar GEEN liefde is nie, as in ‘n ouerhuis met een, gelukkige ouer nie – ek weet waarvan ek praat.

    En Feetjie – moenie bly ter wille van enige iemand, behalwe NET ter wille van jouself nie – ek het TWAAL jare van my lewe weggegooi en toe tog maar op die einde geloop.

    En vandag is ek al amper net solank gelukkig saam met iemand anders. En ek is elke dag vir myself kwaad dat ek soveel jare weggegooi het!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

Oktober 2007
M T W T F S S
    Nov »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Most Recent Posts

 
%d bloggers like this: