STRESS

Oktober 25, 2007 feetjieland

angelart.jpgIs dit die moeite werd om te stress…? Almal ly deesdae aan depressie..as ek hoor was die een of die ander in die hospitaal vir depressie. Nou vra ek myself af, is dit die moeite werd. Mens maak jou siel en liggaam siek deur te stress. En wat help dit? Stress gaan tog nie jou omstandighede of dit waaroor jy stress verander nie. Is dit nie dan beter om “happy-go-lucky” te wees ongeag jou bekommernisse..kyk, as jy iets aan jou probleem kan doen, doen dan iets daaraan, maar moenie heeldag daaroor sit en top en stress nie, want dit gaan jou net negatief en siek maak. Die beste ding wat jy kan doen tydens ‘n storm is om te “float”, as jy paniekerig raak gaan jy verdrink. So “float” tot die storm verby is, geen storm hou verewig nie. As ek terugdink aan alles wat verkeerd gegaan het in my lewe, waaroor ek my half-dood gestress het, wat toe op die ou einde van die dag heel okay uitgewerk het, wil ek myself skop en vir myself lag, omdat ek dit so traumaties en stressvol vir myself gemaak het. So onnodig.. so my boodskap aan julle almal vandag is….HOU OP STRESS!!!  En dan heelbo, ‘n ruiker vir elkeen wat deur ‘n moeilike tyd gaan..

Entry Filed under: Uncategorized

3 Comments Add your own

  • 1. SHARKS  |  Oktober 25, 2007 om 12:19 nm

    Ek stress myself half dood ja, en jy weet hoekom, ek is besig om myself uit te brand, ek eet minder en minder, ek slaap al minder en minder, ek suip meer en meer, ek kruip elke dag bietjie dieper in my dop, ek is op hoor regtig, woorde kan nie beskryf hoe ek regtig hier diep binne voel nie, niemand weet deur watse hel ek gaan nie, niemand het ‘n clue dat ek my soos ‘n two face gedra nie, niemand hier ken my pyn en hartseer nie. Ek karring maar aan, ter wille van my kinders. Maar hier diep in my is ek besig om stukkie vir stukkie weg te kwyn. Is dit die moeite werd??

  • 2. Dellie  |  Oktober 26, 2007 om 6:17 vm

    Nee wat, ek stress nie sommer nie. My man kan nie verstaan dat ek so maklik aan die slaap kan raak in die aand nie. As ek sê “lekker slaap”, is dit presies wat ek bedoel en ek slaap lekker. Maak nie saak wat die probleem is nie, op daardie tydstip kan ek niks daaraan doen nie, en ek het rus nodig sodat ek more in die daglig liggaamlik EN emosioneel wakker kan wees om dit wel te hanteer.

  • 3. die brein  |  Oktober 26, 2007 om 9:22 vm

    IF U WORRIE YOULL DIE IF U DO NOT WORRIE ULL ALSP DIE, SO WHY WORRIE.

    Wie van ons worrie nou nie.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

Oktober 2007
M T W T F S S
    Nov »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Most Recent Posts

 
%d bloggers like this: