My sonde…

Oktober 25, 2007 feetjieland

sexy2.jpgSoos almal alreeds weet, ek is getroud..Is ek gelukkig getroud?? Die wat tussen die lyne kon lees sal weet.. Ek is lief vir my man, vir die wat twyfel. Van kleins af het ek gedroom oor die perfekte man, die perfekte huwelik, intussen het ek grootgeword en besef dit bestaan nie. Ek is nogsteeds ‘n “hopeless romantic” en glo mens kan dit perfek maak as albei net wil. Ek en my man is teenoorgesteldes, hy is glad nie romanties, passievol of liefdevol nie. Hy was wel aan die begin….maar soos meeste mans is sy opinie dit was omdat hy my nog mos kry..nou het hy my. Vir 4 jr onderdruk ek my begeerte na passie romanse liefde, soms kom dit na vore…dan is ek depressief, baklei eers weer bietjie met hom omdat hy nie moeite doen nie, en maak dan maar weer vrede daarmee en probeer dit onderdruk. Ek geniet aandag…ek is ‘n aandag-vraat, ek geniet dit om te flirt. So ja, ek flirt om aandag te kry, en ek geniet die aandag. Maar ek ken my perke. Ek wardeer ‘n sexy man, ek is nie blind nie, so ek kyk, en as ek iemand spesiaal langs die pad ontmoet, vertel ek daardie persoon dat hy spesiaal is. Ek droom en fantaseer ook oor wat as, wat as ek nie getroud was nie, en daardie spesiale persoon kon myne wees. Maar dis net ‘n droom, ‘n tydelike begeerte, want realiteit is, ek is getroud en het 2 kinders wat baie lief is vir hulle pa. En ek is ook baie lief vir hom. Maar intussen hoop ek ook maar op ‘n wonderwerk, dat sy ogies eendag sal oopgaan en hy sal besef dat mens moet bly werk aan ‘n verhouding, dat dit belangrik is om jou huweliksmaat spesiaal te laat voel, dat mens soms moet compromise, albei van julle..dat ‘n huwelik so spesiaal, kosbaar, romanties kan wees, as albei dit so wil maak. Ek verneuk hom nie…wel…in my gedagtes ja…maar nie fisies nie…  Ek is ‘n vrou…ek het behoeftes…eintlik meer as die normale vrou, as ek ‘n vergelyking moet tref, want ek is baie seksueel, sensueel, romanties en passievol, en my behoefte na dit alles is soveel groter as die normale vrou s’n.  Maak dit my goedkoop….??? As daar van julle is wat so dink..daar sal heelwaarskynlik wees, dan is ek maar goedkoop in julle oe…in my oe is ek ‘n vrou met behoeftes.  En as daar ‘n man oor my pad kom wat my voete onder my uitslaan, voordat my man tot ander insigte kom, kan ek julle nie belowe ek sal nie vir hom val nie. So…dis my “flaw”, almal het “flaws”, niemand is perfek nie, volgens my is daar nie groot en klein “flaws”, foute, sonde, noem dit net wat jy wil, nie. En niemand het die reg om te veroordeel nie, laat die een wat sonder foute is die eerste klip optel.

Entry Filed under: Uncategorized

21 Comments Add your own

  • 1. Jaco  |  Oktober 25, 2007 om 9:32 vm

    Ek en jy het nou al die paadjie ‘n slag of wat gestap, so ek sal nie weer soontoe gaan nie. Jy weet hoe ek voel en ek probeer jou siening verstaan.

    Net dit, ‘n huwelik is gee en neem. As jy waarlik lief is vir iemand sal jy jou bes probeer om aan daai persoon se behoeftes te voldoen. Ek hoop van harte jy en manlief kan mekaar êrens in die middel ontmoet.
    Sterkte!

  • 2. SHARKS  |  Oktober 25, 2007 om 10:59 vm

    Feetjie ek was toe al die tyd reg!! Mens ek weet hoe jy voel, onthou ek is met ‘n baie ouer man getroud, 9 jaar ouer as ek, daar bestaan nie iets soos seks in ons huwelik nie, hy stel net nie belang nie, of ek nou met klere of sonder klere rondloop hy sien dit nie raak nie, ek het al gewig opgetel, gewig verloor, help nie, ek het al alles probeer, van briefies los oral waar hy dit kan kry, tot sms’e – niks nie, of hy het ‘n moerse probleem, of hy betaal vir dit, ek het hom al uitgevang. Ek is ook maar ‘n vrou, hartseer, alleen, stukkend, seer gemaak, het ook maar my behoeftes, wat ek al vir maande (7) opkrop, ek het al gedink om ‘n skelmpie te kry, maar waar op aarde gaan krap mens so iets uit?? Ek het al my hare van lank na kort gesny, gekleur, dan kry ek komplimente maar niks van hom nie, nou het ek dit weer laat groei vir hom, omdat hy gaande is oor ‘n vrou met lang hare, maar nie oor myne nie hoor. Ek weet ek is lelik, so what, hy het after all my gekies, net om met my te mors. Ek was stukkend na my egskeiding in 2000 en fucked gewees om met hom te trou in 2001, my beste jare het ek seker al verloor, maar ek sit soos ‘n twee gat jakkels bedags hier met ‘n moerse smile op my bakkies asof ek die gelukkigste vrou op aarde is. DIKKES.

  • 3. feetjieland  |  Oktober 25, 2007 om 11:06 vm

    Girl..as jy nou weer se jy is dik en lelik, sit ek jou foto op my blog sodat almal kan sien hoe mooi en maer jy is!!! Ons het al die gesprek gehad!

  • 4. SHARKS  |  Oktober 25, 2007 om 11:12 vm

    NEE WAAG DIT NET!! EK KOM BREEK JOU VLERKIES STUKKIE VIR STUKKIE HOOR JY MY!!! (Jy is al een wat so dink)! Dankie in elk geval, baie baie sterkte.

  • 5. feetjieland  |  Oktober 25, 2007 om 11:28 vm

    As ek jou foto hier opsit sal jy sien dat ek verseker nie al een is wat so dink nie!!

  • 6. SHARKS  |  Oktober 25, 2007 om 11:32 vm

    WAAG DIT NET!! Het jy al ooit ‘n feetjie gesien sonder vlerke? Ek ook nie, maar jy sal die eerste ene wees! (Dalk ook die laaste ene)!

  • 7. lanaba  |  Oktober 25, 2007 om 12:31 nm

    Vriendin ek weet presies wat jy bedoel,ons twee ken mos nou al mekaar se in’s en out’s…..al wat ek weet is die liefde ding is n moeilike entjie subject en dan kom ons nou nie eens by begeertes en drome nie……jy weet wat ek bedoel.

  • 8. lanaba  |  Oktober 25, 2007 om 12:32 nm

    Ek is nou nog maar jonk in die trou ding,maar ek kan jou sê die duiwel krap my gat liederlik…

  • 9. sonkind  |  Oktober 25, 2007 om 12:37 nm

    Feetjieland, jy is nie die enigste vrou wat behoeftes het nie, so as daar ander is wat jou wil uitmaak vir enige iets onherhaalbaars hier – stuur hulle in hulle moer. Ek kon my altyd so vererg as ek by ‘n braai in vrouegeselsskap moet aanhoor hulle mans soek net een ding. Soms wou ek vrek aspris word en sê – stuur julle mans dan maar vir my – maar ek weet ek sal gestenig word. gelukkig het ek ‘n man wat sy storie ken (ook al my tweede een, hoor) en ek sê elke dag dankie daarvoor. Moenie jou drome verloor nie, okay?

  • 10. Suz  |  Oktober 25, 2007 om 1:59 nm

    Feetjieland

    Ek wil ook net vir Sharks sê sy moenie kom staan en nonsens praat nie. Sharks jy is mooi en dan nog maer ook. Ek is dood seker daar is baie mans wat graag met jou getroud wil wees.

    Jy moet nou ophou om als te glo wat daardie man vir jou sê.

  • 11. Suz  |  Oktober 25, 2007 om 2:02 nm

    Son stem saam met jou, vrouens moenie kla oor hulle mans wat net 1 ding soek nie. Hulle moet pasop dat hulle mans dit nie op ‘n ander plek gaan soek nie en wat hulle nie besef nie jy drae van jou sagheid(teerheid) oor aan jou man dmv van daardie daad.

  • 12. Bennie Boekwurm  |  Oktober 26, 2007 om 5:31 vm

    Wel wat kan ek alles se. Dit is so jammer dat die huwelik vir party in so ‘n las moet verander omrede een persoon nie heeltemal sy kant wil bring nie. Dit is soos Jaco hierbo se, as mense nie mekaar iewers in die middel ontmoet nie, kan dit nie regtig werk nie. Hoekom moet een meer dra as die ander? Julle is tog nou een?

    Ons het deur dieselfde probleem gegaan nou so ruk lank. Dit was eintlik al vir baie lank aan die broei. Ons het al mense gesien, huweliks naweke gedoen, maar dieselfde duiweltjies steek maar eenvoudig net hulle kop weer uit. So wat het ek gedoen. Weer na so lang periode van mekaar net verdra, het ek ‘n lang brief gekryf. Ek het dit punt vir punt uiteen gesit, en elke punt in detail beskryf, hoekom ek so voel, en hoekom ek dink dit kan reg wees as mens na ons verhouding in die verlede gekyk het.

    Ek sal een punt noem as voorbeeld en sien dit kom in joune ook uit. Sex… as man (en ek veralgemeen nie) is ek mal oor sex, maar nie net sex nie, kontak, liefde, daai gevoel van naby mekaar wees, so assof niks en niemand anders bestaan nie. Dis die gevoel wat ek soek, dat ek weet my partner is saam met my in alles, my sielsgenoot, die persoon vir wie ek my lewe sal opoffer. En dan natuurlik die fun wat daarby betrokke is, om te lag vir dinge gedurende passie, mekaar te leer ken, weet waar is jou sweet spots, wat maak jou orgasmes soveel beter! En dit is nie net oor die daat nie, wat voor dit gebeur, daai opwerk tot dit, daai gevoel van vryheid na dit….. min dinge kom daarby. Maar, dit was nie daar nie… en ek het dit beskryf, gese ek soek meer van dit, en nou werk ons puntsgewys aan dit.Ons probeer nie alles op een sklag reg kry nie, ons het nog ‘n lewe saam, so hoekom alles op een dag probeer regmaak? En dit werk nou, die atmosfeer in die huis is great, en van die kleiner goedjies sort sommer hulle self ook nou uit!!

    Sterkte vir jou Feetjie! Die huwelik is harde werk, en hoe harder albei wrk, hoe beter sal dit wees!!!

  • 13. Dellie  |  Oktober 26, 2007 om 6:29 vm

    Jy het die magic woord erens hier bo genoem: compromise…ons is almal unieke wesens, ons MOET mekaar erens in die middel ontmoet sodat albei partye gelukkig is. Sterkte, Fairy-ding, moenie jou drome vermoor nie!

  • 14. die brein  |  Oktober 26, 2007 om 7:11 vm

    Waar moet ek begin?? Fok ek is `n man en ek glo `n warm, warm man.My en my vrou se sexlewe is explosive, ek kan nie genoeg aan haar vat nie en soen en wat ook al nie.Selfs as sy skottelgoed was sal ek agter haar gaan staan en in haar nek begin soen en aan haar borste vat dan se ek vir haar was jy net die skottelgoed ek speel nou lekker.Maar dink jy sy kan???Julle droe manne daarbuite ek is al 22 jaar getroud en kyk na my liggaam so ook my vrou.Nie een van ons het boepense nie.My vrou weet as ek `n ander vrou moet doen soos ek haar doen sal die ander vrou net meer en meer wil he.En ek weet weer as my vrou `n ander man moet doen soos sy my doen sal daardie wetter net meer en meer wil he.

    Nee manne is julle impotent of of wat is fout met jul libidos (brein)Soms is ek so warm of lus eintlik altyd en ja ek is altyd kwesbaar , my vrou weet as dit die regte plek regte tyd en regte vrou is sal ek voete van klei he, Sorry dis hoe dit is.

    Ek is seker nou nie die beste raadgewer nie, maar ek dink jy moet maak soos in die fliek THE FOURTY YEAR OLD VIRGIN die ou wat die hoofrol speel het nog nooit seks in sy veertig jaar bestaan gehad nie.Sy vrouebaas se eendag aan hom you must get yourself “a fuckbuddy” toe vra hy and what should we do toe se sy you fuck!

    Vir die verkramptes wat my gaan aanvat, kry vir jou ma het gebak!

  • 15. unobastardo  |  Oktober 26, 2007 om 9:15 vm

    Ai nee, Feëtjie – ek dink jou man moet jou mooi oppas – hy is BAIE gelukkig om so ‘n vrou te hê!

  • 16. wimpie  |  Oktober 26, 2007 om 9:19 vm

    hehehe ek moes lankal hier ‘n draai kom maak het…. ek het nie geweet vroumense dink ook sulke dinge nie!

  • 17. neykie  |  Oktober 26, 2007 om 10:07 vm

    ek kan nie rerig saam praat oor die huwelik ding nie want ek is nog ongetroud, maar dalk sien ek hoe dit in ander huwelike gaan-dan sê ek altyd nooit in my lewe sal ek trou nie-ek sien hoe my pa my ma behandel, weet ek net een ding ek wil nie ‘n slaaf wees vir ‘n man wat net nou en dan iets waardeer nie- al wat ek kan se is sterkte,ons weet nie altyd waardeur ‘n ander gaan nie, maar as ons skouers breed genoeg is en ons ore is reg vir luister dan help ons mekaar deur net daar te wees.

    Geniet jou dag en naweek en sterkte….

  • 18. Tigerlily  |  Oktober 26, 2007 om 10:52 vm

    Fairytjie
    Moenie voel dat daar iets fout is met jou nie. Ons elkeen is soos ons moet wees.
    Is dit iets wat jy kan verander? Nee…
    Is dit iets wat jy WIL verander? HELL NO!!!
    So moenie, wees lief vir die vrou wat jy is.
    Hoe om dit te hanteer in jou huwelik? Dis jou challenge in hierdie lewe.

  • 19. Chris Jones  |  Oktober 28, 2007 om 8:28 vm

    Sjoe dis skokkend om te sien wat daarbuite aan die gebeur is in die huwelik. Elke een in die huwelik het n deel om te doen om dit te maak werk. Makliker gesê as gedoen nê. En dis nog moeiliker as dit nie die regte lewens maat is nie om dinge te laat werk. Party mense het voorbeelde gehad en vind dit makliker. Ander het weer drange is soveel hoër as sy maat sin. Mens kry wel die couples wat die ding doen. Mans dink ek in my opinie is die mees skuldigste aan die verwaarlosing van die huwelik. Hulle het vergeet om vir hulle vrou te sê hulle is pragtig en oulik en dat alles gaan uitwerk en lief is vir haar en haar te druk en te dans. Dit moet elke dag wees want hulle wil dit elke weet en verseker wees van jou liefde. Wees opreg want mens kom agter wanneer as dinge nie opreg bedoel word nie. En om Vaders naam gryp die vrou om haar lyf as jy dit vir haar sê en kyk haar in die oë want daai oë is die vensters van die hart. Vrouens het ook hulle taak en ek kan nie namens die vrouens praat nie want elke vrou is uniek. Hulle is immers gemaak uit die ribbetjie van die man gemaak. Dis maklik vir mans om mooi vrouens te jag want ons is mos die jagters en dis n uitdaging. Sodra mens getroud is en na n paar jaar dan raak dit nie meer n uitdaging nie, maar werk en miskien moeite. Dis waar die werk inkom. Belê positief in jou vrou want daai wat jy in haar belê is soos geld in die bank en trek rente en as daai bank vol is pluk mans die vrugte. Wanneer die bank wel leeg is en soos gewoontlik wys hulle vinger na mekaar en gee mekaar die skuld vir dinge wat nie reg loop nie. Vrouens julle is almal pragtig en uniek en kan nie wag vir julle mans om in julle harte te belê nie. Ek het geleer op die swaar manier en leer elke dag nog maar dit is wat ek sover geleer het en mans, DIT WERK!!

  • 20. Loer  |  Oktober 29, 2007 om 11:43 vm

    Fee, weet jy wat, van al die afbreek en afkraak is ek yskoud…. ek haat seks, dit walg my, want ek moet altyd reg wees vir ‘n quicky. In my agterkop hoor ek aanmekaar daardie afbrekende aanmerkings en aantuigings…. en ek moet altyd reg wees!!?? Eish…. eks koud en droog!

  • 21. René  |  November 1, 2007 om 8:45 vm

    Ai julle, dis vir my so sad as ek hoor daar is mense daarbuite wat so ongelukkig is! Ek wil soooo graag glo almal is gelukkig, maar in realiteit is dit nie so nie!

    Feetjie, ek en manlief is ook deur ‘n rowwe patch en ons werk nogsteeds daaraan om dinge aan die gang te hou! Dis nie maklik nie – maar ons oplossing was KOMMUNIKASIE! Nie skree op mekaar, of verwyte gooi of klippe slinger nie of mekaar afkraak nie, ons het soos volwassenes gaan sit en bedaard en ordentlik gesels oor die dingetjies wat pla en hoe dit ons laat voel! En nadat elkeen sy hart leeggemaak het, het ons SAAM aan ‘n oplossing gedink en nou werk ons SAAM daaraan! En ons herinner mekaar gereeld aan ons gesprek en wat ons besluit het. Dit het vir ons gewerk!

    Chris Jones – jy slaan die spyker op sy kop! Ek wens daar was meer mans wat soos jy kon dink!!

    Sterkte aan julle ander, ek hoop dinge verander baie gou ten goede! xx


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

Oktober 2007
M T W T F S S
    Nov »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Most Recent Posts

 
%d bloggers like this: