Archive for November 18th, 2007
Sondag = eetdag
Mens ons , ek het my alweer trommeldik geeet vandag. Ek sal moet briek aandraai, raak net dikker. As ek moet eet elke keer wat ek honger is, en net tot ek versadig is, sal ek baie min eet. Maar ek is so lief vir kos, en kosmaak, en ek eet agter die lekker aan. Uit daarmee…wie van julle is so lief vir lekker kos soos ek? Boerekos, soetpampoen, groenboontjies met tamatie en uie en aartappel, blomkool met kaassous, gebakte aartappel, boud, hoender…Ek is vreeslik lief vir vleis, en hou nie van droe kos nie, alles moet ‘n lekker sous he…Johan ook. Kos speel ‘n groot rol in ons lewe, dis ‘n liefde wat ons altwee deel, ons altwee hou van lekker kos. Was nog nooit in my lewe so vet soos nou nie. Na Calista was ek binne drie mnde terug in my ou lyf, selfs maerder, 1jr en half daarna het ek geboorte gegee aan Marko…en net aanhou eet. Ek hou van slaai, vis en hoender, maar as ek die reuk van die kos kry wat ek vir die res van my gesin maak, is dit maar moeilik. Of as Johan kfc koop en ek moet slaai en vis eet…wel ja, ek swig gou voor die versoeking. Het iemand nie vir my ‘n goedkoop, lekker dieet nie, want so kan ek nie aangaan nie?!!! Ek kan ook niks drink wat my eetlus onderdruk nie, want alles bevat kaffein en ek kry hartkloppings van dit. Ek het ‘n vibroshape, maar my kinders los my uit as ek dit aansit nie, wil heeltyd voel hoe dit voel en knoppies druk, en teen die tyd wat hulle gaan slaap is ek ook kapoet. As ek by die huis kom, is dit kosmaak, eet, kinders bad, bietjie aandag gee aan hulle en gaan slaap. Johan kom soms eers sewe-uur by die huis, en ek sien nie kans om alleen met kinders te gaan loop. Staan soggend half-ses op…dis klaar vroeg genoeg, want net so lief soos wat ek is vir eet, is ek vir slaap. Nie ‘n goeie kombinasie nie, eet en slaap..lol. En as ek op ‘n dieet is en ek sien nie vinnig resultate nie, gee ek gou tou op. En ek weet ‘n kitsdieet help nie, dit moet ‘n langtermyn verandering wees, maar hoe gee mens een van jou groot liefdes heeltemal op? Ek het nooit voorheen ‘n probleem gehad nie, het dieselfde kos geeet, maar ja, ek was baie meer aktief. Dans was ook ‘n groot liefde van my, maar Johan haat dans. Dit was maklik om te dieet na Calista, want Johan was in die kollege, net elke 2 wke huis toe gekom. Lol, en voor ek en Johan bymekaar uitgekom het was ek baie meer seksueel aktief…(ek moes dit dalk nie gese het nie), maar julle almal weet mos nou al van my en my eetlus… Enige raad..?
13 comments November 18, 2007