Archive for November 7th, 2007
Afhanklikheid…
Baie dankie vir julle almal se raad en gebede. So gesels ek gister met Johan se beste vriend, wat vir ons werk, Wynand. Ons kon hom nog nie sy salaris betaal nie en hy se toe vir my hy stress. Ek se toe, wel, self.. maar wat kan ek doen. Hy se toe ek sal beheer moet neem van die finansies en besigheid, want Johan kan nie met geld werk nie, niks wat ek nie weet nie. Hy ken vir Johan baie goed en weet hoe Johan is. Toe vertel hy my die rede hoekom Johan nie moeite doen in ons huwelik of enigsins luister na my raad nie, omdat hy glo dat ek afhanklik is van hom en nie sonder hom kan klaarkom nie. Nauurlik het Wynand gevra dat ek nie vir Johan moet se hy het my vertel nie, maar sy voorstel is toe dat ek Johan moet laat verstaan dat ek nie afhanklik is van hom nie en hom voor ’n ultimatum stel, wat ek toe ook doen. Ek se toe vir Johan ek wil met hom praat, se vir hom as dinge aangaan soos wat dit aangaan, sal ons moet skei. Laat hom toe mooi verstaan ek gaan aansoek doen vir ander werk, hy weet ek het genoeg ondervinding in debiteure/krediteure en admin om vinnig ander werk te kan kry..se ook dat ek my eie bankrekening gaan oopmaak, sal ‘n gedeelte van die skuld betaal, res van die geld is myne. Ek wil van nou af elke dag die invoices en kwitansies he, gaan ‘n kontantontvangste-boek he, waarin ek gaan aanteken hoeveel geld inkom en uitgaan, en ons sal saam besluit wat met watter geld betaal word. Ek het vir hom gese ek kan ‘n goed genoeg werk kry met ‘n groot genoeg salaris om vir myself en ons kinders te sorg, en ek sal nie huiwer om dit te doen nie. Toe se hy al is ek finansieel onafhanklik is ek die tipe mens wat nie alleen kan wees nie…Om een of ander rede dink my man geen ander man gaan ooit in my belangstel nie???!!! Toe vertel ek hom dat daar ‘n rep is wat mal verlief is op my, die man weet ek stel nie belang in hom nie, punt is…ek glo nie ek sal nooit weer iemand ontmoet nie..volgende keer is dit dalk iemand in wie ek ook belangstel. Toe se hy vir my okay, jy wen, jy is die baas van nou af! Hoe kinderagtig! Toe se ek, ek is nie op ‘n “powertrip” soos hy nie, ek wil nie die baas wees nie, ons moet vennote wees en saamwerk..en aangesien ek beter met finansies en besigheidsbesluite is, voel ek net hy moet my raad oorweeg, en dit nie bloot afskiet, omdat hy my as sy mindere beskou en wil wys hy neem die besluite nie! Ons moet saamwerk aan ‘n toekoms vir ons kinders. Ek het met hom gepraat oor sy pa-hulle, hy sien my punt in..het sy pa gekonfronteer omdat hulle meubels koop maar nie ons geld terug gee nie, toe lieg sy pa homself vas en se dat hy net ‘n eetkamerstel met die geld gekoop het, toe se ek, maar Michelle het gese die eetkamerstel is met haar geld gekoop en nie die geld wat pa-hulle gaan leen het nie…?? Toe se hy ja, hulle het skuld betaal met die geld, hy praat uit twee monde. Wil nogsteeds he ons moet plan maak vir die petrolgeld, sy woorde: aangesien ons alreeds finansieel in die k..k is, gaan dit mos nie ‘n verskil maak as ons vir hom die geld gee nie???!!!!!! Hissy-fit!!!Toe se ek uhm, NEE, ons moet nou daaruit kom, so ons gaan elke sent omdraai! Toe stel hy voor ek verkoop my oefenfiets!!!! Hoe vermetel. Wel…so kom ons kyk of dit beter gaan van nou af…Hou asb nogsteeds aan met bid, ek doen nou aansoek vir ‘n debiteure/krediteure pos deur Perfekte Personeel in koerant geplaas..
8 comments November 7, 2007