Archive for November 1st, 2007
November-Blues
November…my en my pa se verjaarsdag-maand. Om een of ander rede, murphy’s law, seker maar, het ons altyd een of ander finansiele krisis in November, so geld om iets lekker te doen, is daar nie. En soos julle weet is Johan nie ‘n pro in om my spesiaal te laat voel nie. Maar hierdie keer het ek vir hom gese, ‘n geplukte blommetjie en self-gemaakte kaartjie is vir my net so goed soos gekooptes…dis die idee wat tel. Kom ons kyk of hy dit hierdie keer kan reg doen, lol…vorige verjaarsdae het ons altyd baklei omdat hy nie moeite doen om dit vir my spesiaal te maak nie. Ek is bederf in daardie opsig, deur my ouers, hulle het altyd uit hulle pad uitgegaan om ons verjaarsdae spesiaal te maak…dis jou dag, waarop jy bederf word en spesiaal voel. Johan aan die ander kant, het nooit daardie voorreg gehad nie, so ek verstaan half, verjaarsdae is nie vir hom belangrik nie. Dis vir hom ‘n gewone dag soos al die ander. Alhoewel ek die afgelope 5jr uit my pad uitgegaan het om dit vir hom spesiaal te maak, is dit vir hom maar om te ewe, dis maar net nog ‘n dag, sal hom nie pla as ek niks doen nie. Die laaste keer wat ek my pa gesien het was laas jr op my verjaarsdag….dit was so kosbaar, hy het soontoe gekom vir die naweek, vir my ‘n scrabble-bord, waaraan hy weke gewerk het, self gemaak – met sy hande, vir my gebring. My kosbaarste geskenk ooit!! Ons verjaar ‘n wk uitmekaar, ek die 4de, my pa die 12de……maar nou is dit net ek. Ek mis hom…wie gaan ek bel op die 12de…? Ek gaan hom nie sien of sy stem hoor op my verjaarsdag nie…
12 comments November 1, 2007