Ek is gatvol!!!

Oktober 16, 2007 feetjieland

Ek wil kla vandag, en die wat nie wil hoor nie, moet maar ore toedruk. Ek is ondankbaar en bejammer myself vandag. Ek is gatvol vir my roetine lewe, werk toe, huis toe, kos maak, huis skoonmaak, kinders bad, TV kyk, slaap…..ek soek opwinding!!

EK HET ‘N VAKANSIE NODIG!!! Ek wil slaap tot wanneer ek self wakker word, ek wil see toe gaan, gaan uit-eet, in die Malls rondloop en “shop” tot ek “drop”. Ek wil gaan fliek, ek wil braai en kuier saam met die mense vir wie ek lief is, my familie, Sussa….en my vriendin Charlene. Ek wil kamp, ek wil op ‘n staproete gaan….ek wil na ‘n spa toe gaan saam met my sussa, gaan le in modderbaddens, facials, manicure, pedicure, aroma-terapeutiese massages…ek wil ‘n “make-Over” he….

Ek wil Ratanga Junction toe gaan en op alles ry! Ek wil op ‘n boot-rit gaan. Ek wil nie bekommerd wees oor finansies nie,ek wil genoeg geld he om te koop wat ek wil he en te doen wat ek wil doen. Ek wil nie heeltyd werk nie, hetsy by die werk of in my huis, ek wil ontspan. Ek wil ook die “finals” “live” sien, ek wil ook na ‘n Enrique Iglesias show toe kan gaan….ek wil ook lewe!!! Ek wil ook die lewe geniet!!!

Ek wil nie dieet nie, ek wil ‘n vinnige metabolisme he, ek wil alles eet waarvan ek hou, sonder om gewig op te tel. Ek wil mooi wees, model-mooi… Ek wil ‘n mooi stem he, ek wil enige musiek-instrument kan speel.

Ek is gatvol vir my lewe, en gatvol daarvoor om “ek” te wees.

Ek wil liefgehe, bemin en bewonder word….ek wil spesiaal voel, begeer word…intense liefde….passie….begeerte…romanse……

Entry Filed under: Uncategorized

8 Comments Add your own

  • 1. boendoe  |  Oktober 16, 2007 om 7:55 vm

    Join the club, sister! As daai gevoel my beetpak, probeer ek (soms met groooot moeite!) my seeninge tel. En eintlik het mens baie om te tel! Sterkte!!

  • 2. hexi  |  Oktober 16, 2007 om 9:03 vm

    Ag ek kry ook sulke dae en om eerlik te wees, vandag is hoeka so ‘n dag! Dit was lekker om te weet daar is ander wat ook so voel. Ek wil sommer wegloop, weti en worry nie eers waarnatoe nie. Maar dit sal weer beter gaan en jy sal weer terugsak in die groef in want niemand kan sonder jou nie en jy weet dit… Hoekom nie? Want jy is special en dierbaar en jy gee om.. Lag vir jouself oor hierdie inskrywing maiki, nie vandag nie, oor so paar jaar…. LOL. Sterkte

  • 3. neykie  |  Oktober 16, 2007 om 10:37 vm

    Elkeen voel een of ander tyd so. Hoop jy kry dit reg om weg te kan glip al is dit net vir ‘n halwe dag dit maak nogal ‘n verskil.

  • 4. lanaba  |  Oktober 16, 2007 om 12:09 nm

    Ai vriendin – ek het ook al baie so gevoel,soms moet ek saam met my skoonsuster town toe gaan,dan sien hoe shop sy haar mal,hulle is finansieel baie welf-af….dit maak my jaloers en moedeloos….

    hoop dit gaan gou beter!!!

    Ek is hier vir jou.

  • 5. Dellie  |  Oktober 16, 2007 om 12:51 nm

    Wat gaan aan? Is dit iets in die lug? Ek voel ook so vandag!

  • 6. Tigerlily  |  Oktober 16, 2007 om 8:42 nm

    Ja, Fairytjie. Lus raak ek ook nou vir staak! Dink net hoe lekker sal al ons bloggertjies kuier daar op die strand, in die aand om ‘n groot vuur! Nou’t jy my aangesteek!!!

  • 7. SHARKS  |  Oktober 17, 2007 om 5:37 vm

    Ek dink ons almal voel maar net moeg, moeg vir werk, moeg om soos masjiene te operate, moeg vir mens wees, moeg vir mans wat ons in elk geval al vir maande ignore soos ‘n stop straat, moeg vir alles, wil ook sommer net pak en alleen vir ‘n jaar sommer gaan rus, soos in alleen. Dellie ja ek is seker die “ding” is in die lug, ek voel al lank al so af en down!! FOK dit man: LIG OP JOU KOP DIKKES EN KYK DIE LEWE VIERKANT IN DIE Oè; Dit voel goed om dit te kan sè!! Lekker dag vir julle almal, hoop maar ons almal voel vandag baie beter.

  • 8. Mona  |  Oktober 18, 2007 om 7:53 nm

    So wanneer vertrek ons??

    I love you, Babes!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

Oktober 2007
M D W D V S S
    Nov »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Most Recent Posts

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

%d bloggers like this: